Oppikoppi is 'n jaarlikse musiekfees wat naby die myndorpie Northam, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika, gehou word. Die fees het aanvanklik begin deur hoofsaaklik op rock, blues en akoestiese musiek te fokus, maar het mettertyd jazz, kwaito, rap, wêreldmusiek, en talle ander genres op die verskeie verhoë aangebied. Jaarliks rondom Augustus besoek duisende mense die plaas en slaan kamp op in die bosveld om na die Suid-Afrikaanse musiek te luister. Die naam Oppikoppi is afgelei van de woorde "Op die koppie", waar "koppie" na die heuwel verwys waar die vertonings plaasvind. Die kampterrein is aan die voet van die heuwel, en bo-op die heuwel is 'n kroeg en 'n klein verhoog.

Die fees het vir die eerste keer in Augustus 1995 plaasgevind met 27 plaaslike kunstenaars en/of muskiekgroepe wat 'n klein dog entoesiastiese gehoor toegesing het. Die fees het intussen aansienlik gegroei, nuwe verhoë is by gebou en die jaarlikse skare beloop tans in die duisende: die beraamde jaarlikse gehoor kom neer op 15 000.Studente reisinligting: Oppikoppi Bosveldfees . Laaste besoek op 23 Julie 2007. Buiten die oorspronklike verhoog bo-op die sentrale koppie, is daar tans twee ander grasdakverhoë en nog twee kleiner verhoë. Die fees word ook deur sommiges beskou as die primêre invloed wat Suid-Afrikaanse rock-musiek 'n hupstoot gegee het in die laat negentigerjare.

Oppikoppi spog jaarliks met 'n reeks uiteenlopende kunstenaars wat vele moderne genres uitvoer.

Oppikoppi 2019 gekanselleer Oppikoppi 2019, wat die 25ste aanbieding van dié fees sou wees, is gekanseleer weens die hoë vlakke van misdaad wat die fees tydens die 2018 aanbieding geteister het.

Name van feeste Elke Oppikoppi het tot dusver 'n ander naam en tema gehad. Hieronder volg 'n lys van elke Oppikoppi se naam soos wat dit verskyn op die amptelike Facebook-bladsy van Oppikoppi.

Augustus 1995 Festival of Rock 1 1996 Festival of Rock 2 1997 One Big Bang 1998 Bushveld Blast 1999 Infestation 2000 Trek 2000 2001 Tuned 2002 Plunge 2003 Hond uit 'n Box 2004 Oppikoppi 10: Blood is thicker than Soda Water 2005 Wired 2006 Rock, Paper, Scissors 2007 Way Of The Dassie 2008 Wildcard 2009 Smoorverlief 2010 sExY. cRoOkEd. tEeTh 2011 Unknown Brother 2012 Sweet\Thing 2013 Bewilderbeast 2014 Odyssey 2015 The Fantastic Mr. VOS VOS 2016 The Unsea 2017 Me now, the Mango Picker 2018 Nomakanjani

Paasnaweek 1998 African Savannas Easter 1999 Ontlont! 2000 How's Your Mother? 2001 Patrolliehond 2002 Willie Smit 2003 If Not Tomorrow, Then The Next Day 2004 Oppikoppi 10: You Check The Level, The Level Is Fine With Me 2005 Dust On My Meerkat 2006 Haat My Want Ek Vrees My Hasie 2007 More Than Somewhat 2008 VMMIJDKWMKAHOID’nAPMWEMP 2009 Strictly Come Twakkie (Not quite Easter festival)

Ander 1995 (Nuwejaar) New Year's Bushveld Jol 1996 (Nuwejaar) Moerrit Boetie New Year's Jol 1997 (Nuwejaar) Inni Tanne New Year's Jol 2003 (November) Beetroot* *Was aangebied by die Pretoria skougronde

Kunstenaars Van die kunstenaars wat al by Oppikoppi opgetree het word hieronder gelys.

340ml aKING Albert Frost Aloe Blacc Die Antwoord The Arrows Ashton Nyte August Burns Red The Awakening Bacchus Nel Battery 9 Bed on Bricks Beef! Billy Talent Blues Broers BLK JKS BLK Sonshine Blunted Stuntman Bittereinder BoargazmYelawolf Boo Brand New Brasse van die Kaap Brixton Moord en Roof Orkes Buckfever Underground Bullet for My Valentine Cat Power C-Mon & Kypski Chris Letcher Deftones Desmond and the Tutus Diplo Dirty Skirts Dorp Editors Felix Laband Finley Quaye Fokofpolisiekar Francois Van Coke Frank Opperman Fuzigish Gito Baloi Gogol Bordello Greg Georgiades & Ashish Joshi Groove Armada Goldfish Guy Buttery Harris Tweed Heideroosjes Die Heuwels Fantasties Hugh Masekela Eagles of Death Metal Enter Shikari Honeymoon Suites Jimmy Eat World Jack Parrow Jesse Clegg Johnny Clegg Josie Field Karen Zoid Kobus Kongos Koos Kombuis Knorkator Liela Groenewald Lithium Livingstone Newtown Knife Gang Man As Machine Manchester Orchestra Mango Groove Matthew van der Want Menage a trois The Narrow New Academics New Porn Not My Dog The Parlotones Plum Prime Circle Riku Latti Rival Sons Robert DeLong Roger Goode Scarlotte Will Seether Shortstraw Slugs of War Soulwax Southern Gypsey Queen Springbok Nude Girls Stanton Warriors Steve Newman Stoff Straatligkinders Strings & Skins Syd Kitchen Taxi Violence Tweak Twin Atlantic Urban Creep Valiant Swart Van Coke Kartel Violent Femmes Die Wasgoedlyn Willy Mason Willim Welsyn Wolfmother Wolraad Woltemade Wonderboom Yellowcard Yoav YoungBlood Brass Band Zebra & Giraffe 206 DJs African Dope Records DJ Fokolnonsins DJ Jon Monsoon DJ T The Fallen

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike Oppikoppi webwerf Amptelike Oppikoppi Facebook-profiel

Kategorie:Musiekfeeste