Inflasierekeningkunde is 'n reële waarde boekhoustelsel waarvolgens die reële waardes van konstante reële waarde nie-monetêre items outomaties op datum gehou word in die ekonomie of firma in plaas van hul outomatiese onwetende vernietiging teen die inflasiekoers deur geoktroieerde rekenmeesters indien hulle nie ten volle of nooit op datum gebring word nie. Die enigste verskil tussen 'n reële waarde rekeningkunde model en die huidige tradisionele historiesekostemodel in Suid-Afrika is die herroeping van die bestendige rekeneenheidaanname - die basis van die historiesekostemodel. Dit staan enige firma in Suid-Afrika vry om hul bestendige rekeneenheidaanname te herroep en 'n reële waarde rekeningkunde model in gebruik te stel.
Die wetlike herroeping van die bestendige rekeneenheidaanname in Suid Afrika sal die jaarlikse onwetende vernieting van miljarde Rand in konstante items se reële waardes deur geoktroieerde rekenmeesters verhoed. Dit sal dit ook onmoontlik maak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie deur hiperinflasie vernietig kan word soos dit oor die afgelope sewentien jaar van hiperinflasie in Zimbabwe gebeur het (sien die Unidade Real de Valor).
Bestendige rekeneenheidaanname Inflasie Inflasie het twee komponente, maar slegs in 'n inflasionistiese ekonomie waar die historiesekostemodel gebruik word. Die twee komponente is monetêre of geld inflasie en historiesekoste-inflasie. http://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=946775 In 'n ekonomie of firma waar 'n reële waarde rekeningkunde model gebruik word het inflasie slegs een komponent, naamlik monetêre of geldinflasie. Historiesekoste-inflasie is onmoontlik in 'n ekonomie of enkele maatskappy of groep van maatskappye wat 'n reële waarde rekeningkundemodel gebruik.
Inflasie het altyd 'n monetêre oorsprong en het altyd die vernietiging van monetêre waarde tot gevolg met die gebruik van watter rekeningkunde model ook al in alle inflasie ekonomieë - lae, hoë of hiperinflasie ekonomieë.
Monetêre of geldinflasie vernietig die reële of koopwaarde van geld en ander monetêre items. In die algemeen dink almal dat inflasie net een komponent het, naamlik, die monetêre komponent. Mense is meestal onbewus van die nie-monetêre komponent wat geïgnoreer word net soos die kennis dat die historiesekostemodel nie reële waarde 100% in die ekonomie behou nie geïgnoreer word deur die toepassing van die bestendige rekeneenheid aanname wat die basis van die historiesekostemodel is.
Historiese Koste inflasie is die onwetende jaarlikse vernietiging deur geoktroieerde rekenmeesters van biljoene Rande in reële waarde in konstante reële waarde nie-monetêre items wat nie ten volle of nooit reggestel word nie as gevolg van die kombinasie van monetêre inflasie en die bestendige rekeneenheid aanname soos dit deur geoktroieerde rekenmeesters toegepas word volgens die Historiese Koste model in inflasionistiese ekonomieë.
Die twee komponente - monetêre inflasie en historiesekoste-inflasie - moet nie verwar word nie en die spesifieke oplossings vir albei moet ook nie verwar word nie.
Monetêre of geld inflasie is altyd teenwoordig met die teenwoordigheid van geld in 'n inflasionistiese ekonomie. Historiese Koste inflasie is slegs teenwoordig met die teenwoordigheid van die historiesekostemodel. Alle inflasierekeningkundemodelle is nie outomaties 100% reële waarde modelle nie.
Nie-monetêre reële waarde oplossings vir die beperking van historiesekoste-inflasie help nie self om monetêre inflasie te verminder nie. Dit kan moontlik help of dit kan ook absoluut niks help om monetêre inflasie te verminder nie. Nie-monetêre reële waarde oplossings (byvoorbeeld die instelling van 'n reële waarde rekeningkundemodel) se doel is om historiesekoste-inflasiee geheel en al te stop. Dit mag ook help om monetêre inflasie te verminder en dit mag ook niks help nie.
Monetêre of geld inflasie word veroorsaak deur die kombinasie van verskillende ekonomiese prosesse, byvoorbeeld, oormatige nuwe geld voorsiening in die ekonomie of swakhede in enige van die ander onderliggende waarde sisteme in die ekonomie; by voorbeeld, 'n swak sentrale regering, slegte makro en mikro ekonomiese maatreëls, 'n swak onderrig stelsel, 'n swak verdeding stelsel, swak industriële ontwikkeling, 'n swak gesondheids stelsel, 'n swak opleidingstelsel, swak ekonomiese infrastrukture, 'n swak bank stelsel, 'n reserwe bank wat nie 100% onafhanklik van die regering is nie (by voorbeeld die SA Reserwe Bank), ens.
Enige kombinasie van hierdie probleme kan monetêre inflasie veroorsaak. Daar is verskillende algemene aanvaarde oplossings vir monetêre inflasie wat deur die reserwe bank toegepas word om monetêre inflasie so na as moontlik aan 2% inflasie te hou - die huidige internasionale aanvaarde korrekte vlak vir monetêre inflasie.
Suid Afrika se aanvaarde inflasievlak van 3% tot 6% is ongelukkig heeltemal buite die internasionale aanvaarde vlak. Suid-Afrika betaal nou die prys van daardie ongelukkige besluit met die huidige (2008) 11.1% per jaar onwetende vernietiging deur geoktroieerde rekenmeesters van die reële waardes van alle konstante reële waarde nie-monetêre items in die Suid-Afrikaanse ekonomie wat nog deur hierdie jaar nie ten volle of nooit reggestel word nie. Die gemiddelde jaarlikse reële waarde van onuitbetaalde wins in alle Suid-Afrikaanse maatskappye is in 2008 teen 11.1% vernietig.
Waar monetêre inflasie 'n ekonomiese proses is met algemene aanvaarde spesifieke oplossings, is nie-monetêre inflasie slegs 'n Historiese Koste rekeningkunde proses wat slegs op twee maniere gestop kan word: (1) met 0% inflasie of (2) met reëlewaarderekeningkunde.
Verslagsdoeningsgeldeenheid Een van die basiese beginsels van rekeningkunde is die verslagsdoeningsgeldeenheid beginsel: die verslagsdoeningsgeldeenheid in rekeningkunde is die basiese monetêre eenheid van die mees relevante geldeenheid. Die rekeningkunde monetêre verslagsdoeningsgeldeenheid is die enigste internasionale standaard rekeneenheid wat nie 'n werklike bestendige rekeneenheid is nie. Alle ander rekeneenhede, by voorbeeld die duim, millimeter, sentimeter, kilometer, myl, pond, gram, ensovoorts, is almal werklike bestendige rekeneenhede
Geoktroieerde rekenmeesters gebruik 'n empiriese oplossing wat geldillusie deur die eeue tot gevolg gehad het. Hulle neem eenvoudig aan dat al die verskillende geldeenhede in al die verskillende wêreldekonomieë geskep en bestuur word deur 'n reserwebank of regering, almal "100% bestendige" verslagsdoeningsgeldeenhede is in laë-inflasie ekonomieë - slegs vir die waardering van konstante waarde items en niks anders nie.
Prysbestendigheid Hierdie geldillusie word selfs vandag nog onderskraag deur verklarings deur die Europese Reserwebank dat prysbestendigheid gedefinieer word as 'n jaarlikse toename van onder 2% in die geharmoniseerde verbruikersprysindeks vir die Euroarea. Die Europese Reserwebank het ook aangedui dat, in die nastrewe van prysbestendigheid, hulle doel is om inflasiekoerse onder, maar naby 2% oor die mediumtermyn te hou. Ongelukkig ignoreer die SA Reserwe Bank die internasionale aanvaarde 2% inflasie koers wat tot geweldige onwetenede jaarlikse vernietiging van reële waarde in SA lei.
Dit word verklaar nieteenstaande die feit dat aaneenlopende 2% jaarlikse inflasie 51% van die reële waarde van alle monetêre waardes asook 51% van die reële waarde van alle onuitbetaalde wins van alle maatskappye in die Europese Monetêre Unie oor 35 jaar sal vernietig - ceteris paribus.
'n Hoë graad van prysbestendigheid is 'n jaarlikse toename in die Verbruikersprysindeks (VPI) onder 2%. Prysbestendigheid is 'n jaarlikse toename in die Verbruikersprysindeks van 0%. (Sien Alan Greenspan se definisie van prysbestendigheid in RealValueAccounting.Com)
Historiese Koste-rekeningkunde Historiesekosterekeningkunde is die wêreldwye basiese rekeningkundemodel.
In die meeste lande word die hooffinansiële state opgestel volgens die historieskostemodel sonder om die verandering in die algemene prysvlak of die toename in spesifieke pryse van bates in ag te neem, behalwe tot die mate waarin eiendomme, toerusting en beleggings geherwaardeer mag word.
Bestendige rekeneenheid aanname Die bestendige rekeneenheidaanname is een van die basiese beginsels van die Historiesekostemodel. Die basiese beginsel van die Historiese Koste model is dus 'n aanneming en nie 'n werklike feit nie.
Een van die basiese beginsels van rekeningkunde is die rekeneenheid beginsel: die rekeneenheid in rekeningkunde is die basiese monetêre eenheid van die mees relevante geldeenheid. Hierdie beginsel neem ook aan dat die rekeneenheid bestendig is; dit is, veranderings in sy algemene koopwaarde word nie as belangrik genoeg beskou om veranderinge te benodig in die finansiële state nie.
Deesdae word die bestendige rekeneenheid aanname as deel van die Histories Koste model slegs toegepas vir die waardeering van konstante reële waarde nie-monetêre items in lae-inflasie ekonomieë. Rekenmeesters het deur die jare besef dat die bestendige rekeneenheid aanname nie gebruik kan word vir die waardering van wisselvallige reële waarde nie-monetêre items nie. Wisselvallige reële waarde nie-monetêre items word deesdae waardeer volgens, by voorbeeld, redelike waarde, mark waarde, huidige waarde, netto gerealiseerde waarde of terugwinbare waarde in terme van die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad se Internasionale Rekeningkundige Standaarde en Internasionale Finansiële State Standaarde asook die VSA se Algemene Aanvaarde Rekeningkunde Beginsels.
Voorbeelde van wisselvallige reële waarde nie-monetêre items is eiendomme, toerusting, land, geboue, voorraad, aandele, buitelandse geld, verkoopsgoedere, meubels, motors, vragmotors, skepe, vliegtuie, ens.
Buitelandse geld is nie die funksionele geldeenheid in 'n ekonomie waar dit nie die verslagsdoeningsgeldeenheid is nie, naamlik, waar maatskappye nie hul rekeningkunde alleenlik in die buitelandse geld eenheid doen nie. Buitelandse geld is slegs geld in lande wat hulle ekonomieë gedollariseer het, by voorbeeld, Panama, Ecuador en El Salvador.
Historiese Koste inflasie
Die baie vinnige vernietiging van die reële waarde van geld deur hiper inflasie word gedupliseer in die massiewe vernietiging van die reële waardes van alle konstante reële waarde nie-monetêre items wat nie ten volle of nooit reggestel word nie as gevolg van die kombinasie van hiper inflasie en die bestendige rekeneenheid aanname.
Konstante reële waarde nie-monetêre items is konstante reële waardes as gevolg van die Pacioli dubbele inskrywing boekhoustelsel wat ons gebruik. Wanneer hulle konstante reële waardes nie reggestel was of word nie, was en word hulle eenvoudig vernietig teen die hiperinflasie of inflasie koers as gevolg van die kombinasie van hiper inflasie of inflasie en die bestendige rekeneenheid aanname soos dit toegepas word as deel van die Historiese Koste model.
Konstante reële waarde nie-monetêre items se reële waardes was in die verlede deur die kombinasie van inflasie en die Histories Koste model vernietig net soos dieselfde kombinasie vandag die waardes van alle konstante reële waarde nie-monetêre items wat nie ten volle of nooit reggestel word nie vernietig teen die inflasie koers as gevolg van die wêreldwye gebruik van die Historiese Koste model.
Voorbeelde van konstante reële waarde nie-monetêre items is uitgegewe aandele kapitaal, onuitbetaalde winste, verliese, handels debiteure, handels krediteure, salarisse, huur, rente in die wins-en-verliesrekening, belasting, alle items in die wins-en-verliesrekening, debiteure en krediteure vir salarisse, huur, belasting, ens.
Onuitbetaalde Wins