SV Roßbach/Wied is 'n sportklub uit Roßbach in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir tafeltennis en dames-fiksheid.

Die klub is in 1968 gestig as opvolger van SpVgg Breitscheid-Roßbach, wat 5 jaar tevore ontbind het. SpVgg Breitscheid-Roßbach is weer gestig in 1958, nadat die vorige sportklub in Roßbach, DJK Roßbach (gestig in 1928), reeds in 1938 ontbind het. In 1988 het die klub met SV Verscheid as Spielgemeinschaft Roßbach/Verscheid saamgesmelt. Die assosiasie het egter in 2006 tot 'n einde gekom met die twee klubs wat weer elkeen hulle eie gang gaan onder hulle oorspronklike name.

Roßbach se grootste prestasies was om die hoofronde van die DFB-Pokal in 2006 te haal, asook om te promoveer na die Oberliga Suidwes in 2007.

Die klub speel sy tuiswedstryde op die Sportplatz in der Au in Roßbach, maar groot wedstryde word op die Stadion an der Kirmeswiese (kapasiteit 8 500) in die nabygeleë stad Neuwied gespeel.

Onlangse ligaposisionering

1993-94 (VIII) Kreisliga B 1994-95 (IX) Kreisliga B 1ste 1995-96 (VIII) Kreisliga A 1996-97 (IX) Kreisliga B 1ste 1997-98 (VIII) Kreisliga A 1ste 1998-99 (VII) Bezirksliga Oos 1999-00 (VII) Bezirksliga Oos 1ste 2000-01 (VI) Landesliga 1ste 2001-02 (V) Verbandsliga Rynland 8ste 2002-03 (V) Verbandsliga Rynland 2003-04 (V) Verbandsliga Rynland 4de 2004-05 (V) Verbandsliga Rynland 3de 2005-06 (V) Verbandsliga Rynland 1ste 2006-07 (V) Verbandsliga Rynland 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Suidwes

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - SC Idar-Oberstein - FC 08 Homburg - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - 1. FC Saarbrücken - Borussia Neunkirchen - SF Köllerbach - FK 03 Pirmasens - TuS Mechtersheim - 1. FC Kaiserslautern II - SV Eintracht Trier - SpVgg EGC Wirges - Wormatia Worms

Roßbach