duimnael|270px|Indo-China in 1886.

Indo-China of Agter-Indië (Frans: L'Indochine) verwys na die vastelandgedeelte van Suidoos-Asië. Die term "Indo-China" is vir die eerste keer deur die Deens-Franse geograaf Conrad Malte-Brun (ook Malthe Konrad Bruun, 1775–1826) gebruik in sy werk van 1810, "Précis de la Géographie Universelle", wat in Parys gepubliseer is.France / Indochine: Histoire et Mémoire , L'Indochine , besoek op 25 Julie 2007 Die benaming "Indo-China" verwys na die kulturele invloed wat Indië en China onderskeidelik op die vastelandgedeelte van Suidoos-Asië gehad het. In Malte-Brun se gebruik van die term word die moderne state Laos, Kambodja, Thailand, Viëtnam, Mianmar en die noordelike deel van Maleisië (die Maleisiese Skiereiland), die suide van China, dele van Bangladesj en Singapoer ingesluit.Geographicus Antique Maps 1837 Malte-Brun Map of India, Burma and Southeast Asia (Siam , Vietnam ) , besoek op 24 Julie 2007 Vandag verwys die term gewoonlik na die voormalige Frans-Indo-China (Frans: Indochine française), wat slegs Kambodja, Laos en Viëtnam ingesluit het. Daar is ook soms na Mianmar onder Britse koloniale beheer as Brits-Indo-China (Engels: British Indochina) verwys.Legal Issues On Burma Journal, Burma and National Reconciliation: Ethnic Conflict and State-Society Dysfunction, No. 10 – Desember 2001, Burma Lawyer's Council, besoek op 25 Julie 2007

Verwysings

Kategorie:Geografie van Asië