TSV Germania Windeck is 'n sportklub uit Windeck in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling.

Die klub het in 2009 ontstaan met die samesmelting van FC Germania Dattenfeld, 1. Windeck FC en TSV Dreisel. Laasgenoemde twee klubs is beide in 1919 gestig en het altyd in die laer ligas meegeding. FC Germania Dattenfeld is in 1910 gestig en het die grootste deel van sy geskiedenis in die laer ligas deurgebring. Aan die begin van die 1990’s het dit nog op die laagste vlak in die Kreisliga C meegeding, toe die klub se fortuin begin verander het met die toetrede van 'n nuwe hoofborg. Dit het die eerste keer in 1999 op die Duitse sokkerradar verskyn met 'n promosie na die Landesliga. In 2001 is daar na die Verbandsliga gepromoveer en in 2007 het die klub sy grootste prestasie behaal deur na die Oberliga promosie te kry. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir judo, tennis, gimnastiek en vlugbal.

Onlangse ligaplekke 1998-99 (VII) Bezirksliga 4 Middel-Ryn 1ste 1999-00 (VI) Landesliga 1 Middel-Ryn 6de 2000-01 (VI) Landesliga 1 Middel-Ryn 1ste 2001-02 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 2de 2002-03 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 4de 2003-04 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 3de 2004-05 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 4de 2005-06 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Noord-Ryn 8ste 2008-09 (IV) Oberliga Noord-Ryn-Wesfale 10de 2009-10 (IV) Oberliga Noord-Ryn-Wesfale

Eksterne skakels Amptelike klubblad

Oberliga Noord-Ryn 2009/10-seisoen Alemannia Aken II | DSC Arminia Bielefeld II | SSG 09 Bergisch Gladbach | MSV Duisburg II | Swartwit Essen | SC Rooiwit Essen II | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | VfB Hüls | 1. FC Kleve | SC Fortuna Keulen | SV Schermbeck | Sportvriende Siegen | VfB Speldorf TSG 1881 Sprockhövel | SSVg Velbert | SG Wattenscheid 09 | SC Wiedenbrück 2000 | TSV Germania Windeck

Windeck