Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Baske.
Baskies (in Baskies: euskara, [eus̺ˈkaɾa]) is 'n taal wat deur sowat 545 800 Baske gepraat word. Die Baske is 'n volk wat die Baskeland in die Pireneë van Noord-Sentraal-Spanje en die buurstreek van Suidwes-Frankryk aan die Golf van Biskaje bewoon.
duimnael|links|Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes-Europa tussen 1000 en 2000 duimnael|links|Verspreiding van Baskiese dialekte Taalkundig is Baskies 'n geïsoleerde taal, dit word nie as 'n Indo-Europese taal beskou nie en behoort nie aan die Germaanse, Slawiese, Keltiese, Romaanse, Baltiese of enige ander Indo-Europese taalfamilie nie.
Baskies omvat die ses dialekte Bizkaian, Gipuzkoan, Opper-Navarro en Neder-Navarro-Lapurdies in Spanje asook Oos-Navarro en Souletin (Zuberoan) in Frankryk.
Sien ook Baskiese Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Baskeland Kategorie:Geïsoleerde tale Kategorie:Tale van Frankryk Kategorie:Tale van Spanje