Spandauer SV is 'n sportklub uit Spandau, 'n stadsdistrik van Berlyn, die hoofstad van Duitsland. Die klub is veral bekend vir sy sokkerafdeling, maar het ook afdelings vir bofbal, kegelbal en tafeltennis.
Geskiedenis Die klub is op 24 Mei 1894 gestig as 1. Spandauer Fußballklub Triton. In 1920 is daar met Sportclub Germania Spandau (op 15 Oktober 1895 gestig) en Germania 04 Spandau saamgesmelt om Spandauer Sport-Vereinigung 94/95 e.V. te vorm. In 1921 het die klub gepromoveer na die Verbandsliga Berlyn-Brandenburg, destyds die hoogste klas.
Na die reorganisasie van die Duitse sokkerstruktuur in 1933 het die klub op die hoogste vlak in die Gauliga Berlyn-Brandenburg meegeding tot in 1936. In 1939 het die klub weer vir een seisoen teruggekeer.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig as SG Spandau-Altstadt en het dit in die Berlynse stadliga op die hoogste vlak meegeding. In 1949 het die klub die huidige naam aangeneem. Tussen 1954 en 1956 het die klub die Berlynse uitklopbeker 3 keer in 'n ry verower en sodoende toegang tot die hoofrondte van die DFB-Pokal verkry. In 1956 is die klub in die kwarteindstryd deur FC Beiere München uitgeskakel, terwyl die klub in die vorige twee jare vroeg uitgeskakel is deur onderskeidelik VfB Lübeck en FK 03 Pirmasens.
Spandauer SV wys 'n plek in die Bundesliga van die hand In 1963 is die Bundesliga opgerig en was Hertha BSC Berlyn die enigste klub uit Berlyn in die Bundesliga. Spandauer is by die Regionalliga Berlyn op die tweede vlak ingedeel (en het vir 11 seisoene hier gebly). In 1965 is Hertha 'n Bundesligalisensie geweier weens 'n oortreding van die liga se spelervergoedingreëls. Die wenner van die Berlynse Regionalliga was Tennis Borussia Berlyn, maar hulle het uitgeval in die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga. Die DFB wou egter vir politieke redes (dit was in die dae van die Koue Oorlog) 'n span uit Berlyn in die Bundesliga hê en het Hertha se plek vir Spandauer, wat tweede in die Regionalliga geëindig het, aangebied. Die klub het egter die aanbod van die hand gewys en dit het die weg vir Tasmania Berlyn, wat derde in die Regionalliga geëindig het, gebaan om na die Bundesliga te promoveer (hierdie klub het toe geskiedenis gemaak met die slegste Bundesligaseisoen nog ooit).
Laer ligas Die klub het in die 1975/76-seisoen vir die laaste keer op die tweede vlak meegeding in die 2. Bundesliga Noord, maar is na 'n rampspoedige seisoen (die swakste wat enige 2. Bundesligaklub nog ooit gehad het) na die derde vlak gerelegeer. Die klub het op hierdie vlak gebly vir 23 seisoene totdat finansiële probleme in 1999 veroorsaak het dat Spandauer se Regionalliga-lisensie ingetrek is en die klub na die Verbandsliga Berlyn op die 5de vlak gerelegeer is. Die klub het hierna selfs na die Landesliga gedaal, maar speel vanaf die 2007/08-seisoen in die Oberliga op die vierde vlak.
In die 1974/75- en 1977/78-seisoene is die Berlynse uitklopbeker weer verower, maar die klub is in die vroeë rondtes van die DFB-Pokal uitgeskakel.
Onlangse ligaposisionering
1963-64 (II) Regionalliga Berlyn 4de 1964-65 (II) Regionalliga Berlyn 2de 1965-66 (II) Regionalliga Berlyn 3de 1966-67 (II) Regionalliga Berlyn 3de 1967-68 (II) Regionalliga Berlyn 7de 1968-69 (II) Regionalliga Berlyn 5de 1969-70 (II) Regionalliga Berlyn 6de 1970-71 (II) Regionalliga Berlyn 6de 1971-72 (II) Regionalliga Berlyn 5de 1972-73 (II) Regionalliga Berlyn 7de 1973-74 (II) Regionalliga Berlyn 10de 1974-75 (III) Amateurliga Berlyn 1ste 1975-76 (II) 2.Bundesliga Noord 20ste 1976-77 (III) Amateurliga Berlyn 3de 1977-78 (III) Am.Oberliga Berlyn 12de 1978-79 (III) Am.Oberliga Berlyn 12de 1979-80 (III) Am.Oberliga Berlyn 9de 1980-81 (III) Am.Oberliga Berlyn 10de 1981-82 (III) Am.Oberliga Berlyn 7de 1982-83 (III) Am.Oberliga Berlyn 11de 1983-84 (III) Am.Oberliga Berlyn 11de 1984-85 (III) Am.Oberliga Berlyn 3de 1985-86 (III) Am.Oberliga Berlyn 6de 1986-87 (III) Am.Oberliga Berlyn 8ste 1987-88 (III) Am.Oberliga Berlyn 7de 1988-89 (III) Am.Oberliga Berlyn 3de 1989-90 (III) Am.Oberliga Berlyn 7de 1990-91 (III) Am.Oberliga Berlyn 4de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noordoos-N 9de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noordoos-N 7de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noordoos-N 6de 1994-95 (III) Regionalliga Noordoos 13de 1995-96 (III) Regionalliga Noordoos 10de 1996-97 (III) Regionalliga Noordoos 16de 1997-98 (III) Regionalliga Noordoos 13de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 16de lisensie geweier 1999-00 (V) Verbandsliga Berlyn 14de 2000-01 (V) Verbandsliga Berlyn 17de 2001-02 (VI) Landesliga Berlyn-1 6de 2002-03 (VI) Landesliga Berlyn-2 7de 2003-04 (VI) Landesliga Berlyn-2 1ste 2004-05 (V) Verbandsliga Berlyn 9de 2005-06 (V) Verbandsliga Berlyn 8ste 2006-07 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow
Spandauer Kategorie:Sport in Berlyn