duimnael|links | Watsonia marginata
Margaret Lawder (1900 – 1983) was 'n Ierse en Suid-Afrikaanse plantkundige bekend vir haar bewaringswerk. In 1922 het sy op 22-jarige ouderdom geëmigreer na die Kaap die Goeie Hoop met haar man Edward Francis Lawder RN en hulle het amptelike plantversamelaars geword vir die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad. Edward het foto's van die blomme geneem en Margaret het die beskrywings van hulle geskryf. duimnael|Kirstenbosch Botaniese Tuin (April 2013)
Hulle het artikels bygedra tot die Journal of the Botanical Society beide voor en na dit Veld & Flora hernoem was. Hulle het ook artikels oor Kaapse plante aan ander Suid-Afrikaanse- en internasionale joernale bygedra.
Lawder het op Leliefonteinplaas geleef in die Klein Drakenstein gebied. Sy het die kweek van Watsonia marginata, 'n plant wat endemies aan Leliefonteinplaas is, aangemoedig.
In 1931 was sy een van die stigterslede van die Paarl Verfraaiendegenootskap toe die gebied met uitheemse plantegroei oorweldig is. Hulle het 'n inheemse tuin gevestig in 'n gedeelte van die Paarlberg Natuurreservaat, bekend as Meulwater Wildblomreservaat. Sy was ook 'n stigterslid en die eerste president van die landtuinklub (in Engels: Country Garden Club) in die Paarl-distrik.
Sy was aktief betrokke by plantkunde tot haar dood in 1983.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1900 Kategorie:Sterftes in 1983 Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes