TuS Mechtersheim is 'n sportklub uit Römerberg in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Mechtersheim is 'n dorpsdeel van Römerberg wat tot in 1969 'n onafhanklike dorp was.

Die klub is op 1 Maart 1914 as Viktoria Mechtersheim gestig. Die klub is later in dieselfde jaar ontbind, maar onmiddellik herstig as Sportverein Mechtersheim. Die klub is in 1930 herdoop as Turn- und Sportverein 1914 e.V. Mechtersheim (die huidige naam). Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar weer in 1946 herstig as ASV Mechtersheim. In 1950 het die klub weer die huidige naam aangeneem.

Die klub se grootste prestasie was om die Oberliga Suidwes te haal in 2004.

Onlangse ligaposisionering 1989-90 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 6de 1990-91 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 6de 1991-92 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 6de 1992-93 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 4de 1993-94 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 3de 1994-95 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 3de 1995-96 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 4de 1996-97 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 3de 1997-98 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 2de 1998-99 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 2de 1999-00 (VI) Landesliga Suidwes Oos 6de 2000-01 (VI) Landesliga Suidwes Oos 2de 2001-02 (V) Verbandsliga Suidwes 5de 2002-03 (V) Verbandsliga Suidwes 4de 2003-04 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste 2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 13de 2005-06 (IV) Oberliga Suidwes 13de 2006-07 (IV) Oberliga Suidwes 14de 2007-08 (IV) Oberliga Suidwes

Eksterne skakels Ondersteunerswerf

Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - SC 07 Idar-Oberstein - FC 08 Homburg - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - 1. FC Saarbrücken - Borussia Neunkirchen - SF Köllerbach - FK 03 Pirmasens - TuS Mechtersheim - 1. FC Kaiserslautern II - SV Eintracht Trier - SpVgg EGC Wirges - Wormatia Worms

Mechtersheim