Die Melktert Kommissie (sic) is 'n vier-lid Afrikaanse musiekgroep van Jeffreysbaai.
Ontstaan en uitreikings Die groep het in 2002 ontstaan tydens hul deelname aan die Jip Rockspaaider-kompetisie, wat hulle ook daardie jaar gewen het. Volroom, hul debuutalbum, is in Junie 2003 uitgereik. 'n Tweede album, Wonderwoorde is in 2006 uitgereik. Hul derde studio-album, Vergewe en vergeet, is in Augustus 2007 uitgereik. Die groep het in 2009 'n Engelse enkelsnit Karma uitgereik. Na 'n lang onderbreking het die groep weer begin optree in 2017. In 2019 het die groep op sosiale media aangedui dat hulle terug is in die ateljee om nuwe musiek op te neem. Hulle nuwe enkelsnitte Weier en Irrelevant is in 2019 vrygestel.
Groepslede Die groepslede is: Lucinda Neethling — hoofsang en akoestiese kitaar Jean-Marie Korff — elektriese kitaar en agtergrondsang Tim van der Westhuizen — baskitaar Jan-Adriaan Korff — tromme en agtergrondsang
Diskografie Vollengteateljeealbums Volroom (2003) Wonderwoorde (2006) Vergewe en Vergeet (2007)
Enkelspelers "Karma" (2009) "Weier" (2019) "Irrelevant" (2019)
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Bronne
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe