TSG Neustrelitz is 'n sportklub uit Neustrelitz in die deelstaat Mecklenburg-Voorpommeren in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir gimnastiek, skaak en trompoppies.
Die klub is in 1919 gestig as Neustrelitzer Fußball Club, maar het later ook ander sportsoorte begin aanbied en sy naam verander na Neustrelitzer Sportverein. Die klub is in 1924 ontbind, maar die sokkerafdeling is in dieselfde jaar herstig as Ballspielverein 1919 Neustrelitz. In 1926 het die klub met SV Viktoria Neustrelitz (gestig in 1925) saamgesmelt en daardie klub se naam aangeneem. In 1931 het die klub met SG Corso Neustrelitz saamgesmelt om SG Corso Viktoria Neustrelitz te vorm. Die klub is aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog deur die Geallieerdes ontbind en in 1946 herstig as SG Neustrelitz. Hierna het die klub in tipies Oos-Duitse styl verskeie naamsveranderinge ondergaan: BSG Konsum Neustrelitz (1949), BSG Empor Süd Neustrelitz (1951), BSG Motor Neustrelitz (1952), BSG Maschinelles Rechnen Neustrelitz (1971) en uiteindelik die huidige naam in 1975.
Die klub het verskeie seisoene in die 2de-vlak DDR-Liga deurgebring en het in 1964 die kwarteindstryd van die Oos-Duitse beker gehaal waar daar met 1-2 teen FC Carl Zeiss Jena verloor is.
Na die Duitse hereniging was die klub se grootste prestasie om die Mecklenburg-Voorpommerse uitklopbeker in 2007 te wen en sodoende toegang tot die hoofrondte van die DFB-Pokal te verkry.
Onlangse ligaposisionering 1976-77 (II) DDR-Liga, Stapel B 10de 1977-78 (III) Bezirksliga Neubrandenburg 1ste 1978-79 (II) DDR-Liga, Stapel B 10de 1979-80 (II) DDR-Liga, Stapel B 10de 1980-81 (III) Bezirksliga Neubrandenburg 1ste 1981-82 (II) DDR-Liga, Stapel B 12de 1983-90 ? 1990-91 (III) Bezirksliga Neubrandenburg 1ste 1991-92 (VI) Landesliga Meckl.-Voorp. 3de 1992-93 (VI) Landesliga Meckl.-Voorp. 10de 1993-94 (VI) Landesliga Meckl.-Voorp. 13de 1994-95 (VI) Landesliga Meckl.-Voorp. 14de 1995-96 (VI) Landesliga Meck-Voor. Oos 1ste 1996-97 (V) Verbandsliga Meckl.-Voorp. 1ste 1997-98 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de 1998-99 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 14de 1999-00 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 16de 2000-01 (V) Verbandsliga Meckl.-Voorp. 3de 2001-02 (V) Verbandsliga Meckl.-Voorp. 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 13de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 10de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 13de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 14de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 13de 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 10de 2008-09 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 4de 2009-10 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de 2010-11 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 4de 2011-12 (IV) Oberliga Noordoos-Noord de
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow
Neustrelitz