duimnael|regs|250px|Die hoofbaan by die All England Lawn Tennis and Croquet Club waar die Wimbledon Kampioenskappe elke jaar gehou word. duimnael|regs|250px|Die Wimbledon-beker. duimnael|regs|250px|Die elektroniese telbord by Wimbledon.
Die Wimbledon-kampioenskap (algemeen bekend as slegs Wimbledon), is die oudste belangrike kampioenskap in tennis en word oor die algemeen beskou as die mees prestigerykste.Roland Garos: The Grand Slam (in Engels).
Die toernooi word jaarliks gehou tussen einde Junie tot begin Julie en eindig gewoonlik op die tweede Sondag van Julie. Dit vind plaas by die All England Lawn Tennis and Croquet Club in Londen, Engeland en is die derde "Grand Slam"-toernooi van die jaar: die Australiese Ope en die Franse Ope is die eerste twee, met die Amerikaanse Ope die vierde. Die toernooi word soms verleng as gevolg van reën en is ook die enigste "Grand Slam"-toernooi wat op 'n grasoppervlak gespeel word. (Sommige ander toernooie vind ook wel op 'n grasbaan plaas.)
Aparte toernooie word tegelykertyd gehou, almal by dieselfde plek, vir die Mans-enkelspel, die Dames-enkelspel, Mans-dubbelspel, Dames-dubbelspel en Gemengde dubbelspel. Daar word ook 'n Jeugtoernooi gehou: Seuns-enkelspel, Meisies-enkelspel, Seuns-dubbelspel en Meisies-dubbelspel.
Geskiedenis Die eerste Wimbledon (amateur) tenniskampioenskappe is in 1877 gehou. In 1884 word die toernooi vir damesenkels- en mansdubbelsspelers oopgestel.
Wimbledon ontwikkel eers later tot 'n volwaardige internasionale toernooi. In 1922 is 'n nuwe tenniskompleks vir 14 000 toeskouers te Churchstraat gebou, wat die groei en populariteit van die toernooi geweldig bevorder het.
Rekords en statistieke Rekord Era Speler(s) Baan Jare gewenMans sedert 1877 Wenner van die meeste enkeltitels Voor 1968: William Renshaw 7 1881-86, 1889 Na 1968: Pete Sampras 7 1993-95, 1997-2000Wenner van die meeste agtereenvolgende enkeltitels Voor 1968: William Renshaw 6 1881-86 Na 1968: Björn Borg Roger Federer 5 1976-80 2003-07Dames sedert 1884Wenner van die meeste enkeltitels Voor 1968: Helen Wills 8 1927-30, 1932-33, 1935, 1938 Na 1968: / Martina Navrátilová 9 1978-79,1982-1987, 1990Wenner van die meeste agtereenvolgende enkeltitels Voor 1968: Suzanne Lenglen 5 1919-1923 Na 1968: / Martina Navrátilová 6 1982-1987Ander statistiekeLaagste gekeurde wenner (man of dame) Goran Ivanišević 125steLaagste gekeurde wenner (dame) Venus Williams 31de (23de gekeur)Jongste wenner (man) Boris Becker171985Jongste wenner (dame) Martina Hingis161997
Verwysings
Eksterne skakels Wimbledon se amptelike tuisblad
Kategorie:Grand Slam (tennis) Kategorie:Sport in Londen