Venus Ebony Starr Williams (gebore 17 Junie 1980 in Lynwood, Kalifornië) is 'n Amerikaanse professionele tennisspeelster. Sy is 'n voormalige Wêreldnr. 1-speelster en het al 'n Olimpiese goue medalje asook 23 Grand Slam-titels gewen, waaronder sewe enkelspeltitels (waarvan vyf tydens die Wimbledon-kampioenskap), 14 vrouedubbelspeltitels en twee gemengdespeltitels. Williams is die ouer suster van die voormalige Wêreldnr. 1-tennisspeelster, Serena Williams; die susters het sedert 1998 31 professionele wedstryde teen mekaar gespeel, waarvan Venus 12 gewen het. Die Williams-susters is bekend vir hulle kragtige spel en Venus hou die rekord vir die vinnigste dienslag ooit deur 'n vroulike speler in 'n wedstryd: 206 km/h. Sy is tans die wêreld se nommer 589-damestennisspeler.

Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Venus Williams tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2016 duimnael|links|upright|Venus Williams tydens die Western and Southern Open in 2012 Die tabel toon Venus Williams se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope1997 Beseer Rondte 2 Rondte 1 Eindstryd1998 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd1999 Kwarteindstryd Rondte 4 Kwarteindstryd Halfeindstryd2000 Beseer Kwarteindstryd Wenner Wenner2001 Halfeindstryd Rondte 1 Wenner Wenner2002 Kwarteindstryd Eindstryd Eindstryd Eindstryd2003 Eindstryd Rondte 4 Eindstryd Beseer2004 Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 2 Rondte 42005 Rondte 4 Rondte 3 Wenner Kwarteindstryd2006 Rondte 1 Kwarteindstryd Rondte 3 Beseer2007 Beseer Rondte 3 Wenner Halfeindstryd2008 Kwarteindstryd Rondte 3 Wenner Kwarteindstryd2009 Rondte 2 Rondte 3 Eindstryd Rondte 42010 Kwarteindstryd Rondte 4 Kwarteindstryd Halfeindstryd2011 Rondte 3 Beseer Rondte 4 Rondte 22012 Beseer Rondte 2 Rondte 1 Rondte 22013 Rondte 3 Rondte 1 Beseer Rondte 22014 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 32015 Kwarteindstryd Rondte 1 Rondte 4 Kwarteindstryd2016 Rondte 1 Rondte 4 Halfeindstryd Rondte 42017 Eindstryd Rondte 4 Eindstryd Halfeindstryd2018 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 32019 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 22020 Rondte 1 Rondte 1 Toernooi nie gehou nie Rondte 12021 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 2 Nie deelgeneem nie2022 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 12023 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 12024 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie2025 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 12026 Rondte 1 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 1

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste Venus Williams se ITF-profiel Venus Williams se WTA-profiel

Kategorie:Amerikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers