Hierdie artikel handel oor die stad in die Verenigde State. Vir die dorp in Suid-Afrika, sien gerus Philadelphia, Wes-Kaap. PhiladelphiaWorld Heritage City 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat 20px Pennsilvanië County Philadelphia Koördinate Gestig op 27 Oktober 1682 Inkorporasie 25 Oktober 1701 Oppervlakte: - Totaal 369,59 vk km Hoogte bo seevlak 12 m Bevolking: - Totaal (2020) 1 603 797 - Bevolkingsdigtheid 4 608/vk km - Metropolitaanse gebied 6 245 051 Tydsone UTC -5 (OST) - Somertyd UTC -4 (ODT) Burgemeester Cherelle Parker (D) Amptelike webwerf phila.gov
Philadelphia (Engels: [fɪləˈdɛlfiə], ), in die omgangstaal ook Philly, is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië en die sesde grootste in die Verenigde State met 'n bevolking van sowat 1,6 miljoen. Philadelphia is die administratiewe setel van die Philadelphia-distrik (Engels: Philadelphia County) en 'n belangrike nasionale handel-, onderwys- en kulturele sentrum. Die metropolitaanse gebied van Philadelphia-Camden-Wilmington is die vyfde grootste in die Verenigde State met sowat 6,2 miljoen inwoners (2020).
duimnael|links|Independence Hall, noordfasade – 'n Unesco-wêrelderfenis duimnael|links|Assembly Room, Independence Hall, met lewensgroot figure van Benjamin Franklin en ander ondertekenaars van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring duimnael|links|Sy Heiligheid Pous Franciskus het op 26 September 2016 'n historiese besoek aan die Independence Hall gebring. Hier gesels hy met U.S. Secretary of the Interior, Sally Jewell, en Jonathan B. Jarvis, direkteur van die Nasionale Parkdiens. Independence Hall maak deel uit van die Independence National Historic Park in die Old City-buurt van Philadelphia duimnael|links|Freedom is a Light for Which Many Men Have Died in DarknessGraf van die Onbekende Rewolusionêre Soldaat, Washington Square duimnael|links|Delaware River Waterfront duimnael|links|Feestelike verligting van 30th Street Station ter geleentheid van die 2016 Democratic National Convention, die Nasionale Vergadering van die Demokratiese Party in 2016 Philadelphia word dikwels The City of Brotherly Love ("Die Stad van Broederlike Liefde") genoem, afgelei van die betekenis van sy Griekse naam: Φιλαδέλφεια, /fi.la.ˈdɛl.fɛj.a/, "broederlike liefde" van Grieks philos "liefde" en adelphos "broeder".
Philadelphia, wat in die 18de eeu ook as die eerste Amerikaanse hoofstad gedien het, was destyds die grootste stad in die Verenigde State en die tweede grootste in die Britse Ryk ná Londen. Ten opsigte van sy politieke en sosiale belangrikheid het dit selfs Boston en New York oortref en het veral danksy die invloed van Benjamin Franklin tot die maatskaplike en geografiese sentrum van die oorspronklike dertien Amerikaanse kolonies ontwikkel. Die idee van 'n onafhanklike Amerikaanse nasie het in hierdie stad ontstaan, en Philadelphia was ook die toneel van belangrike gebeurtenisse gedurende die Amerikaanse Rewolusie, die beginpunt van die Amerikaanse vryheid, demokrasie en onafhanklikheid.
Sport Philadelphia was een van die gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026.
Sien ook Philadelphia Orkes
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Toerisme
Visit Philadelphia, The City of Brotherly and Sisterly Love
Kategorie:Nedersettings in Pennsilvanië