Die Koninkryk van Holland (1806–1810) (Nederlands: Koninkrijk Holland, Frans: Royaume de Hollande) was 'n marionetkoninkryk wat deur Napoleon Bonaparte vir sy broer Lodewyk Bonaparte geskep is om beter beheer oor Nederland uit te oefen. Die naam van die voorste Nederlandse provinsie, Holland, is vir die hele land gebruik. In 1807 is die Pruisiese Oos-Friesland en Jever by die koninkryk gevoeg, maar na die Engelse inval in 1809 moes Holland al die grond suid van die Rynrivier aan Frankryk teruggee.
Koning Lodewyk het nie volgens Napoleon se verwagtinge presteer nie en het probeer om Nederlandse belange te akkommodeer eerder as sy broer s'n. Die koninkryk is in 1810 ontbind waarna Nederland deur Frankryk geannekseer is tot 1813. Die Koninkryk van Holland het rofweg ooreengekom met die gebied wat deur vandag se Nederland gedek word, behalwe vir Limburg, en dele van Zeeland, wat Franse gebied was en Oos-Friesland wat vandag deel is van Duitsland., besoek op 7 Julie 2007
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Nederland