Sixtus II was die 24ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Sixtus II is waarskynlik van Griekse afkoms. Op 30 Augustus 257 volg hy Pous Stefanus I op. Op 6 Augustus 258 sterf hy die marteldood onder die vervolgings van keiser Valerianus saam met ses diakens (Januarius, Vincentius, Magnus, Stefanus, Felicissimus en Agapitus) terwyl hulle die mis opgedra het in die Callixtus katakombe. Eers in 260 word hy opgevolg deur Pous Dionisius. Die naam ‘Sixtus’ beteken in Latyn ‘sesde’, maar die Griekse betekenis van ‘Xystus’, ‘die beskaafde’ is meer waarskynlik. Hy is die eerste pous wat dieselfde naam as een van sy voorgangers gebruik het.
Pontifikaat In die kwessie oor die ketterdoop het hy versoening bewerkstellig met die heilige Cyprianus en die kerke in Afrika en die Midde-Ooste. Hy skryf die pouslike brief Ad Novatianum en ook 'n traktaat sonder naam.
Verering Sixtus II word geassosieer met Laurentius van Rome. Beide word as heiliges vereer. Hoewel Sixtus II die mees vereerde vroeë pous was, word Laurentius deesdae meer vereer. Sixtus is begrawe in die Callixtus katakombe. Sy feesdag in die Rooms-Katolieke Kerk is op 7 Augustus en op 10 Augustus in die Oosters-Ortodokse Kerk. Sixtus is die beskermheilige van die wynbou. Op sy feesdag word wingerdstokke geseën. Hy is ook die beskermheilige van die groei van bone en hopende vroue. Hy word aangeroep by nek-, maag- en rugpyn. Met verwysing na die mite van Laurentius van Rome word hy dikwels afgebeeld met 'n muntstuk of 'n geldbuidel.
Rafael het Sixtus verewig in die skildery die Sixtynse Madonna.
Eksterne skakels
Webbladsy in Duits
Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
Sixtus II Sixtus II Kategorie:Sterftes in 258