duimnael|links|Die Alte Feste in 1891 Die Alte Feste (die naam beteken ou vesting in Duits) is 'n gebou in Namibië se hoofstad Windhoek. Die Alte Feste is op 18 Oktober 1890 deur die Schutztruppe onder Hauptmann Curt von François as militêre vesting opgerig om die vrede tussen die strydende Namas en Hereros te bewaar. Daarmee is ook die stad Windhoek gestig. Vandag huisves dit die historiese (veral koloniale geskiedenis) afdeling van die Nasionale Museum van Namibië.
Bronne Conny von Dewitz: Windhoek. Der kleine Stadtführer. Kuiseb-Verlag, Windhoek 2009, .
Eksterne skakels
Kategorie:Geboue en strukture in Windhoek Kategorie:Museums in Namibië