Karl E. Meyer (gebore in 1937) is 'n Amerikaans-gebaseerde joernalis. Hy is die derde generasie van sy familie om die beroep te beoefen. Sy oupa, George Meyer, was die redakteur van die leidende Duitstalige koerant in Milwaukee, te wete die Germania; sy vader, Ernest L. Meyer, was 'n rubriekskrywer vir The Capital Times in Madison, Wisconsin en daarna die New York Post.
Vroeë lewe en opvoeding Meyer is in Madison, Wisconsin gebore. Sy loopbaan in joernalisme het reeds begin toe hy nog 'n voorgraadse student by die Universiteit van Wisconsin-Madison was. Gedurende sy junior jaar het hy die redakteur van The Daily Cardinal geword, te wete die studente koerant, terwyl hy gedien het as die kampus-korrespondent van die Milwaukee Journal. Gedurende sy senior jaar, het hy die universiteit se literêre tydskrif, The Athenaean geredigeer. Hy het sy MPA (Meester van Openbare Sake) van die Woodrow Wilson Skool van Publieke en Internasionale Sake by Princeton-universiteit ontvang. Nadat 'n Proctor Genootskap aan hom toegeken is het hy 'n Ph.D. in politiek, ook van Princeton-universiteit, behaal.
Loopbaan Nadat hy in 1956 gegradueer het, het sy loopbaan in buitelandse sake by die The Washington Post (WP) begin. Hy het ook 'n weeklikse rubriek vanuit Amerika vir die New Statesman geskryf. Meyer het 'n Oorsese Persklub toekenning gewen vir sy dekking van Latyns-Amerika,Verw. benodig|date=Julie 2014 en gedurende die Kubaanse Rewolusie het hy 'n onderhoud met Fidel Castro in die Sierra Maestra gevoer. Van 1965 tot 1970 was hy die WP se Londense burohoof waar hy 'n gereelde gas op BBC geword het asook 'n karakter in die humoristiese tydskrif Private Eye. In 1968 het hy die Sowjet inval en Duitse okkupasie van Tsjeggo-Slowakye gedek. Met sy terugkeer in 1970 het hy aan die hoof gestaan van die WP se New York buro.
Meyer was 'n bydraende redakteur van Saturday Review, 'n VSA tydskrif, van 1975 tot 1979 en van Archaeology (tydskrif) van 1999 tot 2005. Hy het in 1979 by The New York Times se redaksionele raad aangesluit, waarin hy tot 1998 gedien het as die senior skrywer betreffende buitelandse sake en 'n gereelde bydraer was tot die "Kunste en Idees" seksie. Hy was 'n lid van die Peabody Toekenningsraad van paneellede vanaf 1977 tot 1983. Na sy aftrede by die NYT het Meyer redakteur van die Wereld Beleidsjoernaal, wat kwartaaliks deur die Wereld Beleidsinstituut gepubliseer word, geword. Hy sou die posisie hou tot 2008, toe hy redakteur emeritus geword het.
Meyer was 'n besoekende professor by Yale-universiteit, Tufts-universiteit se The Fletcher School of Law and Diplomacy, Bard College, en die McGraw Professor van Skrywende Kuns by Princeton. Hy is 'n genoot van Green College, Universiteit van Oxford, die Wissenschaftskolleg zu Berlin, en Davenport College, Yale. Hy het gedien as 'n beoordelaar vir die Peabodys, die Pulitzerprys, en die Arnold Toynbee Geskiedenis-prys. Hy is ook 'n lid van die Raad op Buitelandse Verhoudinge en van die Century Association.
Werke met Shareen Blair Brysac.The China Collectors: America's Century-Long Hunt for Asian Art Treasures. New York: St Martin's Press, 2015. Q. and A.: Karl E. Meyer and Shareen Blair Brysac on 'The China Collectors' New York Times. access date: 26 May 2015 met Shareen Blair Brysac. Pax Ethnica: Where and How Diversity Succeeds. New York: Public Affairs, 2012. met Shareen Blair Brysac. Kingmakers: The Invention of the Modern Middle East. New York: Norton, 2008. The Dust of Empire: The Race for Mastery in the Asian Heartland. New York: Public Affairs, 2003. met Shareen Blair Brysac. Tournament of Shadows: The Race for Empire in Central Asia. Washington, DC: Counterpoint, 1999. Pundits, Poets and Wits: An Omnibus of American Newspaper Columns. New York: Oxford University Press, 1990. The Art Museum: Power, Money, Ethics: a Twentieth Century Fund Report. New York: Morrow, 1979. Teotihuacan. New York: Newsweek, 1973. . The Plundered Past. New York: Atheneum, 1973. The Pleasures of Archaeology: A Visa to Yesterday. New York: Atheneum, 1970. Fulbright of Arkansas: The Public Positions of a Private Thinker. Washington, DC: R. B. Luce, 1963. with Tad Szulc. The Cuban Invasion: The Chronicle of a Disaster. New York: Praeger, 1962. The New America: Politics and Society in the Age of the Smooth Deal. New York: Basic Books, 1961.
Persoonlike lewe Meyer is getroud met Shareen Blair Brysac, saam met wie hy vier boeke geskryf het. Hy het twee seuns en 'n dogter.
Verwysings
Eksterne skakels Biography at Pulitzer Center Biography at World Policy Institute
Kategorie:Amerikaanse joernaliste Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Sterftes in 2019