Gamma2 Normae (afgekort as γ2 Nor) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Winkelhaak (Norma). Met sy skynbare magnitude van 4,02 is dit ’n dowwe ster, maar wel met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings is die ster sowat 129 ligjare van die Son af. Dit beweeg teen ’n radiale snelheid van -29 km/s nader aan ons.
Dit is ’n geëvolueerde geelkleurige reusester van spektraaltipe K0 III met ’n massa van sowat 2,16 keer dié van die Son. Dit het uitgesit tot ’n radius van 10 keer die Son s'n. Dit is ’n rooiklontster op die horisontale tak, wat aandui dit verbrand helium in sy kern. Sy ligsterkte is omtrent 51 keer die Son s'n en sy effektiewe temperatuur is 4 699 K.
Gamma2 Normae het ’n nabygeleë metgesel. Hulle is eers as ’n dubbelster beskou, maar volgens latere data is die metgesel verder weg geleë. Nog ’n ster van die 16de magnitude en met ’n temperatuur van is 20 boogsekondes van Gamma2 Normae af en het dieselfde parallaks en eiebeweging.
Gamma1 Normae is ’n geel superreus wat verder van die Son af en byna ’n magnitude dowwer as Gamma2 Normae is.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Winkelhaak (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre