Beta Monocerotis (afgekort as β Mon) is ’n stelsel met drie sterre in die sterrebeeld Eenhoring (Monoceros). Met die blote oog lyk dit soos ’n enkele ster met ’n skynbare magnitude van sowat 3,74, wat dit die helderste ster in die sterrebeeld maak. Met ’n teleskoop is ’n kurwe met drie vaalblou sterre te sien. William Herschel, wat dit in 1781 ontdek het, het gesê dit is "een van die mooiste gesigte aan die hemel". Die stelsel bevat drie Be-sterre, β Monocerotis A, β Monocerotis B en β Monocerotis C. Daar is ook ’n visuele dubbelstermetgesel wat waarskynlik nie fisiek naby aan die ander drie sterre is nie.

Stelsel Die drie sterre van β Monocerotis lê amper in ’n reguit lyn. Komponent B is 7 boogsekondes van komponent A, en komponent C is nog 3 boogsekondes van daar af.Entry 06288-0702, The Washington Double Star Catalog , United States Naval Observatory. Besoek op 21 November 2008. Die sterre het ’n gemeenskaplike eiebeweging deur die lug en baie eenderse radiale snelhede. Volgens hulle parallaksmetings is hulle vermoedelik ewe ver van die Son af: sowat 700 ligjare.

β Monocerotis word as ’n veranderlike ster geklassifiseer, maar dit is onduidelik watter een van die drie sterre die wisselings in ligsterkte veroorsaak. Die wisselings word aangegee as tussen 3,77 en 3,84.

Die drie sterre β Monocerotis A is ’n Be-ster met ’n massa van sowat 7 sonmassas en ’n ligsterkte van 3 200 keer dié van die Son. β Monocerotis B is ’n Be-ster met ’n massa van sowat 6,2 sonmassas en ’n ligsterkte van 1 600 keer die Son s'n. β Monocerotis C is ’n Be-ster met ’n massa van sowat 6 sonmassas en ’n ligsterkte van 1 300 keer die Son s'n. Eers is vermoed dit is ’n dubbelster, maar dit is nie deur latere waarnemings bevestig nie.Tabel 1, ICCD speckle observations of binary stars. X - A further survey for duplicity among the bright stars, Harold A. McAlister, Brian D. Mason, William I. Hartkopf en Michael M. Shara, Astronomical Journal 106, #4 (Oktober 1993), ble. 1639–1655, , .§4.1, A near IR adaptive optics search for faint companions to early-type multiple stars, A. A. Tokovinin, A. Chalabaev, N. I. Shatsky, en J. L. Beuzit, Astronomy and Astrophysics 346 (Junie 1999), ble. 481–486, .

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Eenhoring (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Veelvoudige sterre Kategorie:Veranderlike sterre