Alpha Lupi (afgekort as α Lup) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Wolf (Lupus). Dit het ’n skynbare magnitude van 2,3, wat beteken dit is met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings is die ster sowat 460 ligjare van die Son af. Dit is die naaste ster wat amper as ’n supernova gaan ontplof.
Eienskappe Alpha Lupi is ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van B1,5 III. Sy massa is sowat 10 keer dié van die Son, maar sy ligsterkte is 25 000 keer die Son s’n. Sy effektiewe temperatuur is 21 820 K en dit het dus die blouwit kleur van ’n B-tipe ster. In 1956 het Bernard Pagel en sy kollegas ontdek dit is ’n Beta Cephei-veranderlike, wat beteken sy ligsterkte wissel van tyd tot tyd vanweë pulse in die atmosfeer. Die wisselingsperiode is 0,29585 dae, of net meer as sewe uur, ses minute. Die ligsterkte wissel met sowat 0,05, of 5% van die totale ligsterkte. ’n Ster van die 14de magnitude sowat 26 boogsekondes van Alpha Lupi af word in dubbelsterkatalogusse as ’n metgesel aangedui.
Alpha Lupi is ’n eiebeweginglid van die Bo-Centaurus-Lupus-subgroep van die Scorpius-Centaurus-assosiasie (’n OB-assosiasie), die naaste groep swaar sterre aan die Son wat saam deur die ruimte beweeg. Die assosiasie is sowat 16-20 miljoen jaar oud en is ook die bron van die borrel warm gas waarin die Son geleë is, bekend as die Plaaslike Borrel.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Wolf (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:B-tipe reusesterre Kategorie:Veranderlike sterre