John Morris Roberts (14 April 1928 – 30 Mei 2003), dikwels bekend as J. M. Roberts, was 'n Britse geskiedkundige wat 'n groot aantal werke gepubliseer het. Van 1979 tot 1985 was hy vise-kanselier van die Universiteit van Southampton, en vanaf 1985 tot 1994, toesighouer van Merton College, Universiteit van Oxford. Hy was ook baie bekend as die outeur en aanbieder van die BBC TV reeks The Triumph of the West (1985).

Biografie Roberts was in Bath gebore,https://web.archive.org/web/20100831035654/http://www.independent.co.uk/news/obituaries/j-m-roberts-548254.html as die seun van 'n winkelklerk en opgevoed by Taunton School. Hy het 'n beurs gewen om by Keble College, Oxford te studeer. Nanasionale diensplig was hy verkies as 'n genoot van Magdalen College, Oxford, waar hy 'n doktorale tesis voltooi het oor die Italiaanse Republiek gedurende die tyd van Napoleon Bonaparte.

The Times Literary Supplement het Roberts beskryf as "master of the broad brush-stroke". In 1953 was Roberts verkies as 'n genoot in Moderne Geskiedenis by Merton College, Oxford en in dieselfde jaar het hy as 'n Genoot van die Gemenebes Fonds na die Princeton Universiteit en Yale-universiteit in die VSA vertrek, waar sy belangstellings verbreed is. Hy het drie kere na die VSA teruggekeer as 'n besoekende professor in die 1960's. Van 1979 tot 1985 was Roberts vise-kanselier van die Universiteit van Southampton waar hy verplig gevoel het om ongewilde besnoeiings te maak (Oudheid en Teologie). In 1985 het Roberts die dertien-episode BBC reeksThe Triumph of the West geskryf en aangebied, en hy was later historiese adviseur tot die reeks People's Century. Van 1985 tot sy aftrede in 1994 was Roberts toesighouer van Merton College, Oxford, waarna hy na Somerset teruggekeer het.

In 1996 was Roberts aangestel as CBE vir sy 'dienste aan opvoeding en geskiedenis' en in 1991 was hy 'n Kavalier gemaak van die Orde van Verdienstelikheid van die Italiaanse Republiek .

Roberts het in 2003 by Roadwater, Somerset, beswyk, kort nadat hy die vierde hersiene weergawe van sy Die Nuwe Geskiedenis van die Wêreld voltooi het.

Erfenis Die John Roberts Memorial Fund is in 2003 ter ere van hom by Merton College gestig, met die doel om die finansiële ondersteuning wat beskikbaar is aanvoorgraadse- en nagraadse studente te verhoog.

Roberts se ' The Mythology of the Secret Societies is in 2008 heruitgereik.

Persoonlike lewe Roberts het op 10 September 1960 by Milton Abbas met (Mariabella) Rosalind Gardiner getrou. Die huwelik was in 1964 ontbind. Roberts het daarna op 29 Augustus 1964 met Judith Cecilia Mary Armitage, 'n onderwyseres, getrou, en hulle het een seun en twee dogters gehad.Colin Lucas: Roberts, John Morris (1928–2003), Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press, Jan 2007, online edn, Oktober 2009, besoek op 14 Aug 2013

Geselekteerde werke Europe: 1880–1945 (London: Longmans, 1967. Tweede, gekorrigeerde en hersiene uitgawe, 1970. Derde uitgawe, 2000 ) The Mythology of the Secret Societies (1972; herdrukte uitgawe, Watkins, 2008 ) History of the World (New York: Knopf, 1976). Revolution and Improvement: The Western World, 1775–1847 (Londen: Weidenfeld and Nicolson, 1976). The French Revolution (Oxford: Oxford University Press, 1978). An Illustrated World History (Harmondsworth: Penguin, 1980. 8 volumes) The Age of Upheaval: The World since 1914 (Harmondsworth: Penguin, 1981). The Triumph Of The West: The Origin, Rise, and Legacy of Western Civilization (Londen: British Broadcasting Corporation, 1985). A Short History of the World (1993). A History of Europe (1996). The Age of Diverging Traditions (Londen: Time-Life, 1998). The Age of Revolution (Londen: Time-Life, 1998). Eastern Asia and Classical Greece (Londoe: Time-Life, 1998). The Penguin History of the Twentieth Century (1999). Twentieth Century: A History Of The World From 1901 To The Present (Londen: Allen Lane, 1999). The New History of the World (6de Uitgawe, 2013 )

Verwysings

Eksterne skakels Portrait of John Morris Roberts by Tai-Shan Schierenberg on the Art UK website

Kategorie:Britse geskiedkundiges Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2003