RomeRoma Capitale 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px Vlag 90px|senter Land Administratiewe gewes 23px Latium Provinsie Rome Koördinate Gestig op 21 April 753 v.C. Oppervlakte: - Totaal 1 285 vk km Hoogte bo seevlak 21 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2019) 2 860 009 - Bevolkingsdigtheid 2 236/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Roberto Gualtieri (PD) Amptelike webwerf comune.roma.it
Rome (Latyn en Italiaans: Roma, [ˈroːma], ) is die hoofstad van Italië en die Italiaanse streek Latium (Italiaans: Lazio). Rome is in westelike Sentraal-Italië aan die Tiberrivier en naby die Tirreense See geleë. Met 'n oppervlakte van 1 285 km² en 'n bevolking van sowat drie miljoen binne die stadsgrense en vier miljoen in die agglomerasie is Rome die grootste stedelike nedersetting in Italië. Die enklawe van die Vatikaanstad is in die noordweste van die stadsgebied geleë.
duimnael|links|Die Forum Romanum, middelpunt van antieke Rome duimnael|links|Via dei Fori Imperiali, 'n straat langs die Forum Romanum en die Keiserlike Forums, word op Nuwejaarsdag 'n voetgangerlaan duimnael|links|Boukuns van die Hoë Renaissance: Die Palazzo Farnese, oorspronklik tussen 1514 en 1589 opgerig vir die adellike Farnese-familie, word as een van die mees volmaakte voorbeelde van wêreldlike Renaissance-argitektuur beskou. Dit huisves tans die Franse ambassade duimnael|links|Die Palazzo della Civiltà Italiana (ook bekend as Colosseo Quadrato) in die Quartiere XXXII – Europa is oorspronklik volgens die beginsels van 'n destydse stroming binne die Italiaanse argitektuur, die razionalismo italiano, ontwerp en gebou vir die beplande Wêreldtentoonstelling van 1942. Sedert 2015 dien dit as nuwe hoofkwartier van die mode-etiket Fendi te Rome. Die openingsplegtigheid is deur FENDI5, die vyf legendariese Fendi-susters, en modetsaar Karl Lagerfeld bygewoon Gosee Fashion News: Fendi – Einweihung des neuen Headquarters im Plazzo della Civiltà. Besoek op 19 April 2019 Fendi's New Headquarters – Palazzo della Civiltà Italiana. Besoek op 19 April 2019 Rome se huidige stadsbeeld is oor 'n tydperk van sowat 3 000 jaar gevorm, met antieke Romeinse ruïnes soos die Colosseum en Forum Romanum, asook enkele geboue wat bewaar gebly het soos die Panteon, as stomme getuies van die stad se goue tydperk as caput mundi, die hoofstad van die wêreld, en administratiewe sentrum van die magtigste ryk wat ooit in Europa ontstaan het. 'n Ryk argitektoniese erfenis is aan Rome se latere funksie as setel van die Rooms-Katolieke Kerk te danke. Antieke en sakrale boukuns word aangevul deur 'n groot verskeidenheid wêreldlike geboue uit latere styltydperke soos Renaissance en barok, waaronder kunsvolle piazza's (openbare pleine) en fonteine. Die historiese sentrum (centro storico) is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Die Romeinse digter Albius Tibullius (55 v.C. − 18/19 v.C.) het in die 1ste eeu v.C. vir die eerste keer na Rome as die "Ewige stad" verwys. Hierdie beskrywing word vanweë die stad se lang geskiedenis en sy belangrikheid as hoofstad van 'n wêreldryk en latere middelpunt van die Christendom steeds as by- en erenaam vir Rome gebruik.
Rome het in sy lang geskiedenis as hoostad van die Romeinse Koninkryk, die Romeinse Republiek en die Romeinse Keiserryk gedien. Sedert die 1ste eeu n.C. was die stad die setel van die pous en tussen die 8ste en 10de eeu die administratiewe sentrum van die Pouslike State. In 1871 het dit die hoofstad van die nuut verenigde Italiaanse eenheidstaat en in 1936 die administratiewe setel van Benito Mussolini se kortstondige Italiaanse Ryk geword. Rome het sodoende steeds die funksie van 'n godsdienstige en politieke spilpunt vervul. Dit huisves vandag die groot gesentraliseerde Italiaanse staatsadministrasie – en 'n rekordgetal ambassades danksy die Vatikaanstad se status as selfstandige politieke entiteit.
Vir die grootste deel van sy geskiedenis het Rome sy groot bevolking aan sy status as politieke hoofstad te danke gehad. Met 'n bevolking, wat deur historici en argeoloë vanaf die einde van die Romeinse Republiek tot in die Hoë Keisertyd, op meer as 'n miljoen beraam word (enkele historici en argeoloë het 'n bevolkingsgetal van 1,6 miljoen bereken), Claude Lepelley: Rom und das Kaiserreich. 44 v.Chr.−200 n.Chr. - Die Regionen des Reiches. Hamburg: Nikol 2006, bl. 32−33 was dit een van die grootste voorindustriële stedelike nedersettings op aarde – 'n status wat ondenkbaar sou gewees het sonder die oorvloed graan- en ander landbouinvoere asook die rykdomme wat die stad uit ander ryksdele binnegestroom het. As mens in gedagte hou dat die antieke Romeinse stadsgebied net 'n gedeelte van die oppervlakte van Parys binne sy historiese stadsgrense beslaan het en sowat die helfte daarvan deur openbare geboue en ander nie-bewoonde strukture of ruimtes ingeneem is, was antieke Rome 'n stad met 'n buitengewoon hoë bevolkingsdigtheid.
Met keiser Konstantyn die Grote se uitbou van Konstantinopel as nuwe keiserlike setel en Rykshoofstad vanaf 330 n.C., asook die krisis en ontbinding van die Ryk in die 5de eeu was vir Rome 'n politieke en ekonomiese afskaling verbonde wat sy bevolking gaandeweg van 'n geskatte 1,6 miljoen tot 50 000 laat daal het. Rachel Comte: The Evolution of Rome – Force of change: Capital Status (as part of a Study of City Structures Masters in Urban Planning, University of Cincinnati) Die laaste groot bouprojekte is in die 4de eeu voltooi. In sy laat fase is herstelwerk en onderhoud van bestaande infrastruktuur gestaak of tot 'n minimum beperk.
Nogtans het Rome geen spookstad geword soos ander antieke Romeinse nedersettings nie. Danksy die primaat van die biskop het Rome as setel van die Rooms-Katolieke Kerk gedurende die Middeleeue 'n nuwe geestelike en politieke status bereik. So was dit 'n belangrike bestemming vir pelgrims. Vanaf die Renaissance-tydperk het die Kerk met 'n ambisieuse bouprogram begin wat sy hoogtepunt in die tyd van die Teenreformasie bereik het. Die Katolieke Kerk, wat aanspraak daarop gemaak het om die alleen-saligmakende instelling te wees, het moeite gedoen om dié status met argitektoniese glans en glorie te bevestig.
Rome word tans weer onder die wêreld se globale stede gereken en is danksy sy kunsskatte die mees besoekte stad in Italië asook die derde gewildste stedelike toeristebestemming in die Europese Unie. Naas die Italiaanse regering en parlement, die regerings van die administratiewe streek Lazio en die Metropolitane Stad Roma Capitale asook 'n groot verskeidenheid nasionale instellings, het 'n aantal spesiale agentskappe van die Verenigde Nasies hul setel in Rome, soos die FAO (Voedsel- en Landbou-organisasie), die WFP (Wêreldvoedselprogram) en die IFAD (Internasionale Fonds vir Landbou-ontwikkeling).
Belangrike internasionale ondernemings het hulle hoofkwartiere in die Italiaanse hoofstad, waaronder Eni, Enel, TIM en Leonardo S.p.A. asook banke soos Unicredit en BNL. Rome se mode-, ontwerp- en rolprentbedrywe is internasionale rolspelers van formaat. In Rome se Cinecittà-filmateljees is 'n verskeidenheid rolprente vervaardig wat met Oscars bekroon is.
Geografie duimnael|links|Die Oasi Urbana del Tevere is 'n rustige groen stedelike oase van sowat 50 hektaar langs die Tiber-rivierloop, geleë tussen die brûe Ponte Risorgimento en Ponte Matteotti in die noordelike stadsdeel Flaminio ParchiLazio.it: L'Oasi Urbana del Tevere Rome is in die Sentraal-Italiaanse administratiewe streek Lazio (Latium) geleë waar dit provinsiale status het as Metropolitaanse stad. Volgens sy oppervlakte en bevolking is Rome by verre die grootste stad in die land. Die uitbreiding van die stadsgebied na die onmiddellike omgewing, die Campagna Romana of kort Campagna, het uitgestrekte voorstedelike sones laat ontstaan sodat die historiese middestad nog slegs sowat vier persent van die totale oppervlakte beslaan – alhoewel Rome gedurende 90 persent van sy geskiedenis slegs uit hierdie historiese kernstad bestaan het. duimnael|As administratiewe eenheid strek die Metropolitane Stad Rome tot die Tirreense Seekus: Spiaggia di Capocotta (Capocotta-strand) in die natuurbewaringsgebied Riserva Naturale Litorale Romano naby Ostia Rome se geskiedenis en ekonomie is deur drie waterliggame bepaal – die Tiberrivier, wat in suidelike rigting met kronkels deur die stadsgebied vloei; die Aniene-rivier, wat in die noordelike stadsdeel Parioli in die Tiber uitmond; en die Tirreense See. Terwyl Ostia in die antieke tydperk as Rome se in- en uitvoerhawe gedien het, is die middestad net sowat 20 km van die kus af geleë. Die golwende heuwels in Rome se onmiddellike omgewing bereik hoogtes van iets meer as 100 meter, terwyl die stadsgebied 'n gemiddelde hoogte van 37 m bo seevlak het. Rome en sy omgewing word deur hoër bergreekse omsluit wat iets verder af geleë is – die Abruzze in die ooste, die Sabynse Berge in die noordooste en die Albaanse Heuwels (soms ook Albaanse Berge genoem) in die suidooste.
Die Metropolitaanse stad Rome grens in die noorde aan die provinsies Viterbo en Rieti, in die ooste aan L’Aquila (in die administratiewe streek Abruzze) en in die suide aan die provinsies Frosinone en Latina.
Agro Romano duimnael|Campagna di Roma: The Alexandrine Aqueducts deur Edward Lear (1812−1888)Olie op doek, 1860 Die term Agro Romano (Latyn: Ager Romanus) het in die loop van tyd verskillende betekenisse gekry en meestal verwys na die onmiddellike omgewing van Rome, veral die Tiber-riviervlakte. Deesdae noem inheemses die buitewyke van Rome, wat dikwels nog 'n sterk landelike karakter het, Agro Romano. Ook die aangrensende munisipaliteite Ardea, Fiumicino en Pomezia word hierby ingesluit.
Ondanks die vinnige verstedelikingsproses sedert die laat 19de eeu het uitgestrekte landbougebiede binne die kringpad Autostrada A90 bewaar gebly. Met 'n totale oppervlakte van 517 km² of sowat veertig persent van die stadsgebied maak hulle van Rome die grootste landboumunisipaliteit in Europa. The Evolution of Rome: Agro Romano. Besoek op 12 September 2019
Campagna Romana 'n Ander geografiese term, Campagna Romana of kort Campagna (wat nie met Campania of Kampanië verwar moet word nie), verwys na die heuwelagtige gebied rondom Rome, geleë tussen die Tirreense See en die Appenyne. Dikwels word die term gebruik vir 'n gebied tussen Rome, die Albaanse Heuwels en die Sabynse Berge waar in die antieke tydperk die Romeinse grootpad Via Appia ontstaan het. Omdat die Romeinse owerheid begrafnisse binne die stadsgebied om higiëniese redes verbied het, het begraafplase met grafmonumente langs hierdie grootpad ontstaan. 'n Tweede argitektoniese erfenis uit die antieke tydperk is die ruïnes van akwedukte. Landskapskilders voel al eeue lank aangetrokke tot hierdie landskap.
Stigting en vroeë geskiedenis
duimnael|links|Volgens 'n bekende legende is Rome gestig in 753 v.C. deur Romulus en Remus, wat deur 'n wolvin grootgemaak is. Volgens 'n bekende legende is Rome op 21 April 753 v.C. deur Romulus gestig. Romulus het sy tweelingbroer, Remus, vermoor. Romulus en Remus is, volgens die legende, deur 'n wolvin grootgemaak, en Romulus het ook later die eerste koning van Rome geword.
Rome is aanvanklik op die Sonheuwel gebou. Die Sonheuwel is later na Palatyn hernoem. Die stad het gegroei en uitgebrei en is nou op altesame sewe heuwels gebou: Palatyn, Aventyn, Kapitolyn, Quirinaal, Viminaal, Eskwilyn en Caelius. Rome was aanvanklik die middelpunt van die Romeinse Koninkryk, later van die Romeinse Republiek, en toe van die Romeinse Ryk.
Stadsbeeld Begraafplase, katakombes en nekropolisse duimnael|Sarkofaag in die 5de eeuse kerk Santa Maria Antiqua, Forum Romanum