Sir Ian Kershaw (gebore op 29 April 1943) is 'n Engelse geskiedkundige en skrywer wie se werk hoofsaaklik gerig is op die maatskaplike geskiedenis van 20ste eeuse Duitsland. Hy word deur baie beskou as die wêreld se mees vooraanstaande kenner betreffende Adolf Hitler en die Duitsland van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty, en is veral bekend om sy biografieë van Hitler.Sir Ian Kershaw: Dissecting Hitler; BBC News; 14 Junie 2002.

Hy was die leidende "dissipel" van die Duitse historikus Martin Broszat, en (tot sy aftrede) professor by die Universiteit van Sheffield. Kershaw het Broszat 'n "inspirerende mentor" genoem wat baie gedoen het om sy begrip van Nasionaal Sosialistiese Duitsland te vorm. Kershaw het as historiese adviseur op verskeie BBC dokumentêre programme gedien soos The Nazis: A Warning from History en War of the Century. Hy het onderrig gegee in 'n module genaamd "Germans against Hitler".

Agtergrond Kershaw was op 29 April 1943 in Oldham, Lancashire, Engeland gebore as die seun van Joseph Kershaw en Alice Robinson. Hy het sy skoolopleiding ontvang by Counthill Skool, St Bede Kollege, Manchester,"Ian Kershaw: 'My inspiration', theguardian.com; retrieved 21 Januarie 2015. die Universiteit van Liverpool (BA) en Merton Kollege, Oxford (Doktor van Filosofie, [D.Phil]). Hy was oorspronklik opgelei as 'n middeleeuse kenner maar het hom later in die 1970's gewend na die studie van moderne Duitse maatskaplike geskiedenis. Aanvanklik was hy hoofsaaklik besig met die ekonomiese geskiedenis van Bolton Abdy. Kershaw het as 'n lektor in middeleeuse geskiedenis by Manchester die Duitse taal bestudeer ten einde die Duitse lyfeienes in die Middeleeue te bestudeer.Snowman, Daniel "Ian Kershaw" bls. 18–20 from History Today Volume 51, Issue 7, July 2001 bl. 18 In 1972 het hy Beiere besoek en was hy geskok om die oogpunte aan te hoor van 'n bejaarde man wat hy in 'n kafee in München ontmoet het, welke losgetrek het, "Julle Engelse was so onnosel. As julle julle net by ons geskaar het. Saam sou ons Bolsjewisme kon verslaan het en die aarde oorheers het!" — die man het vir ekstra effek bygevoeg dat "Die Jood is 'n luis!" As gevolg van die gebeurlikheid het 'n vlam in Kershaw ontbrand om uit te vind hoe en waarom gewone mense in Duitsland die ideologie van die Nasionaal Sosialistiese Duitse Arbeidersparty kon steun.

Kershaw se eggenote, Betty Kershaw, is 'n voormalige professor van verpleegkunde, en dekaan van die Skool van Verpleegkundestudies by die Universiteit van Sheffield.

Beiere Projek In 1975 het Kershaw by Martin Broszat se "Beiere Projek" aangesluit. Gedurende die tyd het Broszat Kershaw aangemoedig om die beskouinge te ondersoek van gewone mense betreffende Hitler. Kershaw het as 'n resultaat van sy werk in die 1970's op Broszat se "Beiere Projek" sy eerste boek oor die Duitsland van die Nasionaal-Sosialiste geskryf naamlik The "Hitler Myth": Image and Reality in the Third Reich. Die werk was eers in Duits gepubliseer in die 1980's onder die titel Der Hitler-Mythos: Volksmeinung und Propaganda im Dritten Reich. Hierdie boek het die "Hitler kultus" in Duitsland ondersoek en hoe dit ontwikkel was deur Joseph Goebbels, welke maatskaplike groepe die Hitler Mite aangetrek het en hoe dit opgekom en geval het.Verwysing word benodig|date=March 2016

'n Verdere werk wat teweeggebring was as gevolg van Kershaw se werk op die Beiere Projek en sy werk in die veld van Alltagsgeschichte was Popular Opinion and Political Dissent in the Third Reich. In hierdie 1983 boek, ondersoek Kershaw die ondervinding van die Nazi era op voetsoolvlak in Beiere. Kershaw toon daarin hoe gewone mense gereageer het op die Nazi diktatorskap, en ondersoek verder hoe mense by die regime aangepas het, asook die mate van afkeuring en die beperkings daarvan. Kershaw het sy onderwerp-mense as gewone Beierse mense beskryf: die vae meerderheid, nòg volle Nazis, nòg volle opponente daarvan, wie se houdings terselfdertyd tekens van Nazi ideologiese penetrasie en tog die duidelike beperkings van propagandistiese manipulasie toon.Marrus, Michael The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000, bl. 89. Kershaw het in sy voorwoord geskryf:Ek sou graag wou dink dat indien ek omstreeks die tyd aanwesig was, ek 'n oortuigde anti-Nazi, betrokke in die ondergrondse weerstandsbeweging, sou wees. Ek weet egter dat ek eintlik so verward sou wees, en so hopeloos sou voel soos die meeste van die mense waaroor ek skryf.Marrus, Michael. The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000, bl. 90.

Kershaw het geargumenteer dat Goebbels daarin misluk het om die Volksgemeinschaft (die mense se gemeenskap) van Nazi propaganda te skep, en dat die meeste Beierse inwoners baie meer belanggestel het in hul daaglikse lewens as in politiek gedurende die Derde Ryk.Marrus, Michael The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000 bls. 89–90. Kershaw het die gevolgtrekking gemaak dat die meerderheid Beierse inwoners of anti-semities was, of doodeenvoudig nie omgegee het oor wat aan't gebeur was met die Jode nie.Marrus, Michael The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000, bls. 90–91. Kershaw het ook die gevolgtrekking gemaak dat daar 'n fundamentele verskil was tussen die antisemitisme van die meerderheid gewone mense, wat 'n afkeer gehad het in Jode en welke gevoelens ingekleur was deur tradisionele Katolieke vooroordele, en die ideologiese en veel meer radikale Völkische antisemitisme van die Nazi Party, wat Jode gehaat het.

Kershaw het bevind dat die meerderheid mense van Beiere die geweld van Kristallnacht pogrom afgekeur het, en dat hulle ten spyte van die pogings van die Nazis voortgegaan het om maatskaplike verhoudinge met lede van die Beierse Joodse gemeenskap te onderhou.Marrus, Michael. The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000, bl. 90. Kershaw het verskeie veldtogte van die Nazis ten einde anti-semitiese haat aan te wakker gedokumenteer, en het opgemerk dat die oorweldigende meerderheid anti-semitiese aktiwiteit in Beiere die werk was van 'n klein aantal toegewyde Nazi partylede. Oor die algemeen het Kershaw opgemerk dat die populêre bui tenoor Jode die van ongeërgdheid ten opsigte van hul lot was. Kershaw het geargumenteer dat die meeste inwoners van Beiere gedurende die Tweede Wêreldoorlog bewus was van die Holocaust, maar baie meer bekommerd en geïnteresseerd was oor die oorlog as oor die "Finale oplossing tot die Joodse Vraagstuk".

Kershaw het die noemenswaardige bewering gemaak dat "die pad na Auschwitz gebou was deur haat, maar geplavei was deur ongeërgdheid."Evans, Richard In Hitler's Shadow, New York: Pantheon, 1989 bl. 71Marrus, Michael The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000, bl. 91. Met die stelling het Kershaw bedoel dat die voorspel wat opgebou het tot Auschwitz-konsentrasiekamp gemotiveer was deur anti-semitisme van die mees bose en wrede tipe wat gedra was deur die Nazi elite, maar dat dit plaasgevind het binne 'n konteks waar die meerderheid van die Duitse openbare menings heeltemal onverskillig was ten opsigte van dit wat aan't gebeur was.Verwysing benodig|date=Maart 2016

Kershaw se assessering dat die meeste inwoners van Beiere, en by noodwendige implikasie Duitsers, "onverskillig" en "ongeërg" was wat die Holocaust (Shoah) betref, het kritiek ontvang van die Israeliese geskiedkundige Otto Dov Kulka asook die Kanadese geskiedkundige Michael Hans Kater. Kater het gepostuleer dat Kershaw die omvang of mate van populêre anti-semitisme verwater het, en dat alhoewel aanvaar kan word dat die meeste van die anti-semitiese dade van Nazi Duitsland "opgevoer" was, geargumenteer kon word dat omdat hierdie dade 'n wesenlike aantal Duitsers betrek het, dit foutief is om die ekstreme anti-semitisme van die Nazis te beskou as sou dit slegs of alleenlik van bo af kom.Marrus, Michael. The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000, bl. 92.

Kulka het geargumenteer dat die meeste Duitsers meer anti-semities was as wat Kershaw hulle voorgestel het in Popular Opinion and Political Dissent in the Third Reich, en in pleks van "ongeërgdheid" het hy geargumenteer dat "passiewe medepligtigheid" 'n beter term sou wees om die reaksie van die Duitse mense tot die Shoa mee te beskryf.Marrus, Michael The Holocaust in History, Toronto: KeyPorter, 2000 bl. 93.

Die diktatorskap van die Nasionaal Sosialistiese Duitse Arbeidersparty: Probleme en Perspektiewe van Interpretasie In 1985 het Kershaw 'n boek gepubliseer op die historiografie van Nazi Duitsland genaamd The Nazi Dictatorship waarin hy reflekteer op die probleme betreffende die historiografie van die Nazi era.Snowman, Daniel. "Ian Kershaw", bls. 18–20, from History Today Volume 51, Issue 7, Julie 2001, bl. 19 Kershaw het daarin opgelet op die groot diskrepansie van die dikwels teenstrydige oogpunte betreffende die Nazi era tussen: die wat die Nazi tydperk beskou as die toppunt van Deutschtum (Germanisme), en Marxiste wat Nasionale Sosialisme beskou as die toppunt van kapitalisme die wat argumenteer vir 'n Sonderweg, en die wat argumenteer teen die Sonderweg begrip die wat Nasionale Sosialisme beskou as 'n tipe totalitarisme, en die wat dit beskou as 'n tipe fascisme die historici wat ten gunste is van 'n "funksionalistiese" interpretasie met die klem op die Duitse burokrasie en die Holocaust as 'n ad hoc proses, en die wat ten gunste is van 'n "doelbewuste" interpretasie met die fokus op Hitler, en die argument dat die Holocaust reeds van vroeg af in Hitler se politieke loopbaan beplan was.Snowman, Daniel "Ian Kershaw", pp. 18–20, from History Today Volume 51, Issue 7, Julie 2001, pp. 18–19

Soos Kershaw opgemerk het, is hierdie verskillende interpretasies, soos die verskille tussen die funksionalistiese beskouing van die Holocaust as synde veroorsaak deur 'n proses; en die doelbewuste beskouing van die Holocaust as synde veroorsaak deur 'n plan, nie maklik versoenbaar nie, en daar was in sy opinie die benodigdheid vir 'n gids ten einde die ingewikkelde historiografie rondom hierdie kwessies te verduidelik.

Op soortgelyke wyse, indien 'n mens die Marxistiese oogpunt van Nasionale Sosialisme as die toppunt van kapitalisme beskou, dan is die Nazi verskynsel universeel, en kan fascisme intree in enige samelewing waar kapitalisme die dominante ekonomiese sisteem is, in teenstelling met die oogpunt van die Nasionale Sosialisme as die toppunt van Deutschtum waar die Nazi verskynsel plaaslik is en slegs tot Duitsland beperk is. Volgens Kershaw moes enige geskiedkundige wat oor die tydperk skryf rekening hou met die "histories-filosofiese", "polities-ideologiese" en morele probleme wat geassosieer word met die tydperk, en wat derhalwe spesiale uitdagings vir die geskiedkundige stel. In The Nazi Dictatorship het Kershaw bestek geneem van die historiese literatuur en sy eie assessering aangebied van die positiewe en negatiewe aspekte van die verskillende benaderings.

Tydens 'n 2008 onderhou, lys Kershaw sy grootste intellektuele invloed as Martin Broszat, Hans Mommsen, Alan Milward, Timothy Mason, Hans-Ulrich Wehler, William Carr en Jeremy Noakes. In dieselfde onderhoud het Kershaw sy sterk goedkeuring van Mason se "Voorrang van Politiek" begrip uitgespreek, waarin dit Duitse besighede was wat die Nazi regime gedien het eerder as die ander kant om, teen die ortodokse Marxistiese "Voorrang van Ekonomie" begrip. Ten spyte van sy lof en admirasie vir Mason in die 2000 uitgawe van The Nazi Dictatorship was Kershaw baie skepties van Mason se "Vlug na Oorlog" teorie van 'n ekonomiese krisis in 1939 wat die Nazi regering in oorlog in gedwing het.Kershaw, Ian, The Nazi Dictatorship: Problems & Perspectives of Interpretation, Oxford: Oxford University Press, 2000, bls. 88–89