Delta Crateris (afgekort as δ Crt) is ’n enkelster in die suidelike sterrebeeld Beker (Crater). Met ’n skynbare magnitude van 3,56 is dit die helderste ster in hierdie taamlike dowwe sterrebeeld. Dit is sowat 163 ligjare van die Son af.
δ Crt is ’n geëvolueerde oranje reusester met ’n sterreklassifikasie van K0 III en is lid van die sogenaamde rooi klont, wat beteken dit verbrand tans helium in sy kern. Die ster se massa is sowat 1,56 keer dié van die Son, maar dit het uitgesit tot ’n radius van 22,44 keer die Son s’n.
Die metaalinhoud van die ster (elemente swaarder as waterstof en helium) is net 33% van die Son s'n. δ Crt is sowat 2,89 miljard jaar oud en het ’n rotasiespoed wat te klein is om te meet. Sy oppervlaktemperatuur is 4 510 K en sy ligsterkte 171,4 keer so groot as dié van die Son.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Beker (sterrebeeld)