Alpha Doradus (afgekort as α Dor) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Swaardvis (Dorado). Dit is sowat 169 ligjare van die Son af.

α Dor is ’n dubbelster met ’n gesamentlike skynbare magnitude wat wissel tussen 3,26 en 3,30. Dit is dus een van die helderste sterre, en die helderste ligpunt in dié sterrebeeld. Die stelsel bestaan uit ’n B-tipe subreus wat met ’n periode van 12 jaar in ’n eksentrieke wentelbaan om ’n A-tipe reusester wentel. Die skeiding tussen die sterre wissel van 2 tot 17,5 AE. Die primêre ster, α Doradus A, is ’n chemies buitengewone ster met ’n oorvloed silikon in sy atmosfeer.

Alpha Doradus het ’n optiese metgesel, CCDM J04340-5503C, sowat 77 boogsekondes van hom af. Daar is geen fisieke verband tussen dié ster en die dubbelster nie.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Swaardvis (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:A-tipe reusesterre Kategorie:B-tipe subreuse