Hierdie artikel handel oor die Latynse letter F. Vir ander betekenisse sien F (dubbelsinnig).

Die letter F, f is die sesde letter van die moderne Latynse alfabet. Die Etruskers word as die uitvinders van hierdie letter beskou. Dit het in sowel Etruskies as Grieks die /w/-klank aangedui en is "digamma" ("dubbele gamma", of twee Γ's op mekaar) genoem. Dit het vanweë klankverandering verdwyn. Die F in Semities, wâw, is vir /v/ én /w/ gebruik en het dalk oorspronklik 'n haak voorgestel.

In Navo se internasionale spellingsalfabet word F uitgespreek met die woord "Foxtrot".

Egiptiese hiërogliefF / W Semitieswâw FenisiesF / W EtruskiesF GrieksDigamma (F) Latyns-RomeinsFT365px65px50pxBeeld:GreekDigamma-01.png50px|Roman F

Skakels

Kategorie:Latynse alfabet