duimnael|Portret deur John Everett Millais, 1850

William Wilkie Collins (8 Januarie 1824 – 23 September 1889) was 'n Engelse romansier, dramaturg en skrywer van kortverhale wat veral bekend is vir The Woman in White (1859) en The Moonstone (1868). Laasgenoemde is by geleentheid die eerste moderne Engelse speurverhaal genoem. Collins, wat in Londen gebore is, se vader William Collins was 'n skilder. Collins het in Italië en Frankryk grootgeword, en het Frans en Italiaans aangeleer. Hy het sy werks-loopbaan begin as klerk vir 'n teehandelaar. Na sy eerste roman, Antonina in 1850 verskyn het, het hy vir Charles Dickens ontmoet, wat 'n groot vriend en mentor geword het. Sommige van Collins se werke, soos All the Year Round en Household Words het aanvanklik in Dickens se tydskrifte verskyn, en hulle het ook saamgewerk op drama- en fiksie projekte. Collins het finansiële stabiliteit en internasionale aansien behaal deur middel van sy bekendste werke van die 1860's, maar het begin ly aan jig. Hy het opium vir die pyn geneem, en in die proses 'n verslawing ontwikkel. In die 1870's en 1880's het die kwaliteit van sy skryfwerk saam met sy gesondheid afgeneem. Collins was krities oor die huwelik; en dus het hy sy tyd verdeel tussen Caroline Graves en sy huweliksmaat in terme van die Engelse gemeenregtelike reg, Martha Rudd, saam met wie hy drie kinders gehad het.

Noemenswaardige werke duimnael|Omslag van die eerste uitgawe van The Haunted Hotel deur Wilkie Collins, 1879 Basil (1852) Gabriel's marriage (1853) Hide and Seek (1854) The Dead Secret (1856) The Frozen Deep (1857), toneelstuk geskryf saam met Charles Dickens A House to Let (1858), kortverhaal geskryf saam met Charles Dickens, Elizabeth Gaskell en Adelaide Anne Procter The Haunted House kortverhaal geskryf saam met Charles Dickens, Elizabeth Gaskell, Adelaide Anne Proctor, George Sala en Hesba Stretton The Woman in White (1860) No Name (1862) Armadale (1866) No Thoroughfare (1867), 'n verhaal en toneelstuk mede-geskryf met Charles Dickens The Moonstone (1868) Man and Wife (1870) Poor Miss Finch (1872), opgedra aan Frances Minto Elliot The Law and the Lady (1875) The Fallen Leaves (1879) Jezebel's Daughter (1880) The Black Robe (1881) Heart and Science (1882–1883)

Rolprent-aanpassings The Woman in White (klanklose rolprent, Verenigde Koninkryk (VK), 1929) The Moonstone (1934) The Woman in White (VSA, 1948) The Moonstone (VK, 7 episodes, 1959) Die Frau in Weiß (Duitsland, 2 episodes, 1971) The Woman in White (VK, 1997) The Moonstone (VK, 5 episodes, 2016) The Woman in White (VK, 5 episodes, 2018)

Verwysings

Kategorie:Skrywers Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Lyste van outeurs Kategorie:Geboortes in 1824 Kategorie:Sterftes in 1889