Maserati is 'n Italiaanse vervaardiger van luukse motors. Die firma is in 1914 in Bologna gevestig maar sy setel is tans in Modena. Sy embleem is 'n drietandvurk.
In die 1950's het Maserati sukses behaal met sy renmotors. So het Juan Manuel Fangio in 1957 die Formule 1-wêreldkampioenskap in 'n Maserati 250F gewen. Tradisioneel is Ferrari die belangrikste mededinger van Maserati, alhoewel die onderneming tussen 1997 en 2005 as 'n dogtermaatskappy van Ferrari binne die multinasionale Fiat-Chrysler-onderneming bestuur is.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike Maserati webwerf Amptelike Maserati Wedren webblad Amptelike Maserati Toekennings webwerf
Kategorie:Italiaanse motorvervaardigers