Kabinet van Suid-Afrika70px 80px|Cyril Ramaphosa President (party):Cyril Ramaphosa (ANC) Periode:Mei 2019 – 30 Junie 2024Republiek van Suid-Afrika

Hierdie kabinet was President Cyril Ramaphosa se tweede, verkleinde kabinet Cyril Ramaphosa's new cabinet, in his own words. Besoek op 29 Mei 2019.Ramaphosa announces his Cabinet: Here’s the complete list of ministers . Besoek op 29 Mei 2019.Full list – here is Ramaphosa’s new cabinet, BusinessTECH, 29 Mei 2019. Besoek op 31 Januarie 2021. Sien hier wat op 30 Mei 2019 ingehuldig is. President Ramaphosa het sy kabinet op 5 Augustus 2021 geskommel, met 10 verskuiwings of nuwe ministersaanstellings, asook 'n aantal nuwe adjunkministers.

Die kabinet het tot einde Junie 2024 gedien, waarna dit met die derde kabinet van Cyril Ramaphosa vervang is.

Legende African National Congress Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party Good politieke party

Kabinetsministers Pos Minister Termyn Party President van Suid-Afrika Sy Eksellensie Cyril Ramaphosa 2018 huidig ANC Adjunkpresident van Suid-Afrika Sy Eksellensie David MabuzaSy Eksellensie Paul Mashatile 20182023 2023huidig ANC Minister in die Presidensie Die agb. Jackson Mthembu LPDie agb. Mondli GungubeleDie agb. Khumbudzo Ntshavheni 201820212023 20212023 – ANC Minister in die Presidensie vir Elektrisiteit Die agb. Kgosientso Ramokgopa 2023 – ANC Minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluasie Die agb. Maropene Ramokgopa 2023 – ANC Minister van Basiese Onderwys Die agb. Angie Motshekga LP 2009 – ANC Minister van Binnelandse Sake Die agb. Aaron Motsoaledi LP 2019 – ANC Minister van Finansies Die agb.Tito MboweniDie agb. Enoch Godongwana 20182021 2021 – ANC Minister van Gesondheid Die agb. Zweli Mkhize LPDie agb. Joe Phaahla 20192021 2021 – ANC Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging Die agb. Ebrahim Patel LP 2019 – ANC Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie Die agb. Blade Nzimande LP 2019 – SAKP Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Die agb. Naledi Pandor LP 2019 – ANC Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste Die agb. Ronald Lamola LP 2019 – ANC Minister van Kleinsake-ontwikkeling Die agb. Khumbudzo Ntshavheni LPDie agb. Stella Ndabeni-Abrahams 20192021 2021– ANC Minister van Kommunikasie en digitale tegnologieë Die agb. Stella Ndabeni-Abrahams LPDie agb. Khumbudzo NtshavheniDie agb. Mondli Gungubele 201920212023 20212023 – ANC Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling Die agb. Thoko Didiza LP 2019 – ANC Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Die agb. Lindiwe Zulu LP 2019 – ANC Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie Die agb. Lindiwe Sisulu LP 2019 2021 ANC Minister van Menslike Nedersettings Die agb. Mmamoloko Kubayi LP 2021 – ANC Minister van Minerale Bronne en Energie Die agb. Gwede Mantashe LP 2019 – ANC Minister van Openbare Ondernemings Die agb. Pravin Gordhan LP 2018 – ANC Minister van die Omgewing, Bosbou en Visserye Die agb. Barbara Creecy LP 2019 – ANC Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur Die agb. Patricia de Lille LPDie agb. Sihle Zikalala LP 20192023 2023 – GOODANC Minister van Polisie Die agb. Bheki Cele LP 2018 – ANC Minister van Samewerkende Regeringen Tradisionele Aangeleenthede Die agb. Nkosazana Dlamini-Zuma LPDie agb. Thembi Nkadimeng LP 20192023 2023 – ANC Minister van Sport, Kuns en Kultuur Die agb. Nathi Mthethwa LP 2019 – ANC Minister van Staatsdiens en -administrasie Die agb. Senzo Mchunu LPDie agb. Ayanda Dlodlo LPDie agb. Noxolo Kiviet LP 201920212023 20212023 – ANC Minister van Staatsveiligheid Die agb. Ayanda Dlodlo LPToesig oor agentskappe na presidensie verskuif 20192021 2021– ANC Minister van Toerisme Die agb. Mmamoloko Kubayi-Ngubane LPDie agb. Lindiwe Sisulu LP Die agb. Patricia de Lille LP 201920212023 20212023 – ANCGOOD Minister van Verdediging en Militêre Veterane Die agb. Nosiviwe Mapisa-Nqakula LPDie agb. Thandi Modise LP 20192021 2021– ANC Minister van Vervoer Die agb. Fikile Mbalula LPDie agb. Sindisiwe Chikunga LP 20192023 2023– ANC Minister vir Vroue, die jeug en persone met gestremdhede Die agb. Maite Nkoana-Mashabane LPDie agb. Nkosazana Dlamini-Zuma LP 20192023 2023– ANC Minister van Water en Sanitasie Die agb. Senzo Mchunu LP 2021 – ANC Minister van Werksverskaffing en Arbeid Die agb. Thulas Nxesi LP 2019 – ANC

Kabinetskommeling in 2021 President Ramaphosa het op 5 Augustus 2021 bykans ‘n derde van sy kabinetslede verander. Dit was die derde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is.

Die kabinetskommeling volg op onluste wat in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het ná die inhegtenisname van oudpresident Jacob Zuma. Zuma is op 29 Junie 2021 15 maande se gevangenisstraf opgelê deur die Grondwethof weens minagting van die hof. Die klag spruit uit Zuma se versuim om voor die Regterlike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping onder voorsitterskap van adjunkhoofregter Raymond Zondo te verskyn.

Berigte dat die staatsveiligheidagentskap en die polisie se misdaadintelligensie onvoorbereid was op die onluste het Ramaphosa genoop om toesig oor die ministerie na die presidensie te verskuif.

'n Ander wesenlike skuif was die bedanking van Tito Mboweni as minister van finansies. Enoch Godongwana is in sy plek aangestel.

Kabinetskommeling in 2023 President Ramaphosa het weereens op 6 Maart 2023 sy kabinet verander. Dit was die vierde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is.

Die kabinetskommeling volg op die 55ste Nasionale Konferensie van die African National Congress waartydens Ramaphosa vir 'n tweede termyn as President van die ANC verkies is. Die skommeling het onder andere die aanstelling van Kgosientso Ramokgopa as Minister in die Presidensie verantwoordelik vir elektrisiteit ingesluit, 'n pos wat nuut geskep is weens die voortslepende Suid-Afrikaanse energiekrisis.

Gebeure ná die algemene verkiesing van 2024 Ramaphosa se party, die African National Congress (ANC), het sy volstrekte meerderheid in die parlementêre verkiesing in 2024 verloor en is tot ’n pluraliteit in die Nasionale Vergadering verminder. Ná die verkiesing het die partye onderhandel oor die vorming van 'n koalisieregering. Op 14 Junie 2024 het die ANC, die Demokratiese Alliansie (DA), die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die Patriotiese Alliansie (PA), ingestem om 'n landmerk- nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies is as president van Suid-Afrika.

Verwysings

Ramaphosa