Annegret Kramp-Karrenbauer (; gebore 9 Augustus 1962), soms na verwys volgens haar voorletters AKK,Angela Merkel Starts Grooming Successors, and One Stands Out, The New York Times. is 'n Duitse politikus en sedert 2018 die leier van die Christelik Demokratiese Unie (CDU) in opvolging van Angela Merkel. Sy was van Julie 2019 tot Desember 2021 ook minister van Verdediging gewees. Sy dien voorheen as sekretaris-generaal van die party en as minister-president van Saarland van 2011 tot 2018 en word sodoende die eerste vrou om die Saarlandse regering te lei en die vierde vrou in Duitsland om 'n deelstaatsregering te lei. Kramp-Karrenbauer word as sosiaal konserwatief beskou, maar op die linkse vleuel van die CDU in terme van ekonomiese beleid, en is al as 'n sentris beskryf. Sy is 'n aktiewe Katoliek en het op die Sentrale Komitee van Duitse Katolieke gedien.

Politieke standpunte Buitelandse beleid Verbale aanval op Italië In Mei 2019 het Kramp-Karrenbauer in 'n onderhoud met Europese dagblaaie die Italiaanse regering aangeval en die regeringsparty Lega daarvan beskuldig dat dit 'n vyandelike beleid teenoor die Europese Unie sou steun. Italiaanse ekonomiese bande met Rusland en die Volksrepubliek China het sy as moontlike "sorgwekkende pogings" van dié twee lande beskryf om invloed op Italië se beleid uit te oefen.Die Welt, 17 Mei 2019: „Wir haben die Länder mit stark steigenden Flüchtlingszahlen alleine gelassen“ Besoek op 29 Mei 2019

Die Italiaanse regering en ondernemings het belangstelling vir die Chinese projek van 'n nuwe Syroete getoon wat handelsbetrekkinge tussen Europa en China sal verstewig, terwyl Rusland tradisioneel 'n belangrike afsetmark vir Italiaanse luukse produkte soos skoene en landbougoedere is.

Meningsvryheid In Mei 2019 sorg Kramp-Karrenbauer vir omstredenheid toe sy vir die inperking van meningsvryheid op die internet gevra het nadat haar party in 'n video op YouTube gekritiseer is. Alhoewel die Duitse grondwet vryheid van spraak beskerm, meen Kramp-Karrenbauer dat menings tydens verkiesingsveldtogte gereguleer moet word.

Verwysings

Kategorie:Duitse ministers Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Lewende mense