Michael Monroe Lewis (gebore op 15 Oktober 1960) Gale Biography In Context.| url-access=subscription }} is 'n Amerikaanse finansiële joernalis en topverkoperskrywer van niefiksiewerk. Hy is ook sedert 2009 'n bydraende redakteur tot die tydskrif Vanity Fair.

Teen Mei 2019 het Lewis 18 boeke gepubliseer; drie van hulle is vir rolprente verwerk: Moneyball: The Art of Winning an Unfair Game (2003), The Blind Side: Evolution of a Game (2006) en The Big Short: Inside the Doomsday Machine (2010). Een van sy onlangse boeke wat lof ontvang het, is The Undoing Project – A Friendship that Changed the World (2017) wat deur die literêre uitgewersmaatskappy Penguin Random House uitgegee word.

Tom Wolfe het oor hom geskryf: "Seker die beste skrywer wat tans in Amerika skryf", terwyl Malcolm Gladwell gesê het: "Dit is goed om elke nou en dan herinner te word aan hoe genialiteit lyk". John Lancaster het die volgende opinie gehad: "Die tipe skrywer wat sy eie weerstelsel skep".

Bibliografie

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse joernaliste Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense