Andrew Roberts (gebore op 13 Januarie 1963) is 'n Britse geskiedkundige en joernalis. Hy is 'n gasprofessor aan die Departement van Oorlogstudies, King's Kollege Londen, 'n Roger en Martha Mertz-gasnavorsingsgenoot by die Hoover Instituut by Stanford-universiteit en 'n Lehrman Instituut Uitgelese Lektor by die New York Geskiedkundige Genootskap. Roberts het sy opvoeding by Gonville en Caius Kollege, Cambridge ontvang, waar hy 'n eersteklas graad in Moderne Geskiedenis verdien het.
Sy openbare kommentaar het in verskeie tydskrifte verskyn, soos The Daily Telegraph en The Spectator. Roberts is die beste bekend om sy 2009 nie-fiksie werk The Storm of War.Die boek bied 'n blik op die Tweede Wêreldoorlog en dek historiese faktore soos Hitler se opkoms van mag en die organisasie van Nazi-Duitsland. Die boek is wyd geloof en het die Britse Leër se Militêre Boek van die Jaar Toekenning vir 2010 ontvang.
Op ander fronte is sy werk somtyds gekritiseer, byvoorbeeld, The Economist het een boek beskryf as " 'n reuse politiese pamflet gelaai met sy skrywer se vooroordele, met 'n minagtende grynslag teenoor die wat nie sy vooroordele en foute deel nie". Baie van Roberts se werk, insluitende sy 2018 biografie van Winston Churchill, het egter wye lof ontvang; die Sunday Times, het byvoorbeeld die biografie "Ongetwyfeld die beste enkel-volume lewensbeskrywing oor Churchill wat al ooit geskryf is" genoem.https://www.thetimes.co.uk/article/review-churchill-walking-with-destiny-by-andrew-roberts-the-best-biography-of-winston-ever-written-fh35d7982?shareToken=d450df1a808828526ae32787acb837c5
Roberts ondersteun in sy werke 'n tussenganger-rol vir die Verenigde Koninkryk wat betref globale diplomatiese en militêre aangeleenthede, en is 'n voorstander van " 'n aktiewe rol in die verdediging van ordentlikheid" deurdat die VK "een van die wêreld se voorste morele polisiemanne is".
Vroeë lewe en opvoeding
Roberts was in Hammersmith, Wes-Londen gebore as die seun van Kathleen (née Hillery-Collings) en die sakeman Simon Roberts. Simon Roberts, van Cobham, Surrey, het die Job's Suiwelmelk besigheid geërf, en ook die regte besit van die Verenigde Koninkryk-konsessie van die Kentucky Fried Chicken restaurantgroep. Sy ouers sou later in 1987 hul belang in die genoemde melkbesigheid verkoop. Roberts was as 'n kind 'n kranige leser, en het gou 'n passie vir geskiedenis ontwikkel, veral vir dramatiese werke wat verband hou met "gevegte, oorloë, sluipmoorde en dood".
Cranleigh Skool Roberts het as kind Cranleigh Skool bygewoon. Hy was egter, soos hy later openbaar het, op "geweldige wyse geboelie" deur ander leerlinge, en is op een punt toegesluit in 'n klerekas en vertel dat daar 'n brand by die skool uitgebreek het. Hy het gedeeltelike verligting gesoek in alkohol. Alhoewel hy uiteindelik drie A simbole in sy A-vlakke behaal het, is Roberts geforseer om Cranleigh te verlaat as gevolg van uitbarstings van alkoholisme, sowel as beuselagtige dade van vandalisme.
Cambridge Universiteit Roberts het gestudeer by Gonville en Caius Kollege, Cambridge, en hy sou voortgaan om voorsitter te wees van die Cambridge Universiteit Konserwatiewe Genootskap. Hy het in 1985 'n eersteklas eerbewyse B.A.-graad in Moderne Geskiedenis by die Gonville en Caius Kollege verdien, waar hy 'n Honorêre senior geleerde en honorêre PhD is. Roberts het sy nagraadse loopbaan in korporatiewe finansies as 'n beleggings bankier en private maatskappydirekteur met die Londense handelsbank Robert Fleming & Co. begin, waar hy vou voortgaan om vanaf 1985 tot 1988 te werk. Hy het sy eerste geskiedkundige boek in 1991 gepubliseer.
Roberts is geskei van sy eerste vrou, Camilla Henderson, saam met wie hy twee kinders gehad het. Roberts is getrou met die sakevrou Susan Gilchrist, die HUB van die korporatiewe kommunikasiefirma Brunswick Group LLP en 'n Goewerneur van die South Bank Sentrum. Hulle woon tans in Londen.
Roberts het saam met dinkskrum organisasies soos die Sentrum vir Beleidsstudies en die Sentrum vir Sosiale Kohesie gewerk. Hy het bykomend hiertoe persoonlike vriendskappe met verskeie Britse politieke en sosiale figure onderhou soos David Cameron, Michael Gove en Oliver Letwin. In Februarie 2016 was hy aangestel as President van die Cambridge Universiteit Konserwatiewe Genootskap.
Historiese en Sosio-politieke oortuigings
Kommentaar op geskiedenis Roberts se analise van die Tweede Wêreldoorlog het hom oortuig dat die Duitse regering van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty vroeg in die oorlog reeds beduidende voordele gehad het wat betref militêre organisasie en ekonomiese mag. Het het geargumenteer dat indien iemand anders as Adolf Hitler beheer gehad het oor die nasie se militêre strategie, Duitsland in alle waarskynlikheid nie sou voortgaan met 'n direkte, duur en verswarende konfrontasie met die Sowjetunie nie, (welke konfrontasie teweeggebring is deur Operasie Barbarossa) maar in stede daarvan deur die Mediterreense gebied sou "vee" voordat hulle sou probeer om die areas van die Brits-beheerde Midde-Ooste af te sonder. Derhalwe glo Roberts dat die morele hupstoot wat oorwinnings oor die komparatief swakkere magte aan die suid-ooste sou meebring, Hitler sou toelaat om essensieel die oorlog te "wen". Die ander belangrike strategiese fout was volgens Roberts die Duitse oorlogsverklaring teen die Verenigde State, wat slegs vier dae na die Pearl Harbor aanvalle plaasgevind het en wat Duitsland nie verplig was om te maak nie. Roberts argumenteer dat Duitsland na die oorlogsverklaring nie die VSA se oorlogmakende ekonomiese masjien kon keer nie. In 'n neutedop, glo Roberts dat die foute, dwalings en oordrewe selfvertroue komplekse wat die fascistiese diktatorskap help kweek het sy eie grootste vyand was.
Roberts het ook gekonstateer dat hy die beheer van Joseph Stalin oor die Sowjet magte as rampspoedig beskou het vir die Geallieerde magte se pogings teen die Spilmoondhede. Hy het opgemerk dat Stalin se obsessiewe taktieke, te wete die doodmaak van sy eie mense om ideologiese redes, hom duisende op duisende troepe gekos het, wat hy andersins oor sou kon beskik. Tydens die Slag van Stalingrad alleen, het Sowjet-magte die ekwivalent van twee volle afdelings van hulle eie personeel gedood.
In terme van meer onlangse geskiedenis, omarm Roberts die politiese beginsel van Thatcherisme. Hy was 'n stoere ondersteuner van die Eerste minister Margaret Thatcher asook haar sosio-politieke nalatenskap. In Roberts se opinie was Thatcher se besondere insig om die VK te druk in 'n rigting wat dit uit die Euro sou hou, maar waar dit steeds sterk bande met die Europese ekonomieë sou behou, geregverdig deur die Eurosone krisis in die nasleep van die wêreld ekonomiese resessie. Nadat Tony Blair bedank het as Eerste minister, het Roberts hom opgesom as 'n "uitnemende oorlogsleier" met sy "kragdadige uitvoering van die Oorlog teen terreur", wat sy nalatenskap as " 'n hoogs suksesvolle eerste minister" sou verseker. Behalwe vir Roberts se skeptiese benadering tot die Europese Unie as 'n institusie, beskik hy ook oor 'n afkeurenswaardige opinie wat die Verenigde Nasies betref, en glo hy dat die krag van onderdrukkende en outkratiese regimes in die VN se subgroepe dit korrup, oneffektief en traag maak. Tydens die 2016 Verenigde Koninkryk Referendum op die EU, het Roberts die "ja" stem om die EU te verlaat ondersteun.
Ondersteuning vir die Irakse Oorlog en die "Vierde Wereldoorlog" Roberts ondersteun 'n sterk Amerikaanse militêre owerheid, en het oor die algemeen ten gunste van naby verhoudinge tussen die Anglofiele lande geargumenteer. As 'n voorstander van die algemene beginsel van demokratiese pluralisme, het hy geargumenteer dat; "uitgejou dat hy 'simplisties' is om sy reaksie op 9/11, en Pres. Bush se instinktiewe reaksies op die aanvalle van 'n fascistiese, totalitêre doodkultus"; sy reaksie egter op die lang termyn gesien sal word as dat dit wesenlik die regte een was. Roberts het in baie skrywes uitgekom ter ondersteuning van neo-konserwatisme beïnvloede sosio-politieke oogpunte.
Gedurende die opbou na die Irakse Oorlog, het Roberts die voorgestelde inval ondersteun. Hy het geargumenteer dat enigiets minder gelykstaande sou wees aan 'n paaibeleid, en het Tony Blair vergelyk met Winston Churchill vir sy "verstommende leierskap". Hy het bykomend hiertoe geargumenteer dat die optrede teen Saddam Hussein in lyn was met die "Pax Americana realpolitik wat sedert die Tweede Wêreldoorlog die wêreldmagte in vrede gehou het ten spyte van die ineenstorting van kommunisme".
Roberts het in 2003 geskryf, wrote in 2003 "Churchill se apoteose het in 1940 gekom; vir Tony Blair sal dit kom wanneer Irak suksesvol binnegeval is en honderde wapens van massavernietiging opgegrawe word waar hulle deur Saddam se trawante weggesteek is." Toe die wapens nie gevind word nie, het Roberts steeds die inval verdedig om groter strategiese redes en geargumenteer dat sy oogpunte uit die onlangse verlede gebaseer was op geloofwaardige assesserings van "die Franse, Israeli en Russiese intelligensieagentskappe" sowel as ander bronne. Roberts glo ook dat die geskiedenis 'n goeie oordeel sal fel oor die destydse VSA President George W. Bush.
Roberts het met goedkeuring gepraat oor die gebruik van waterboarding deur die Central Intelligence Agency (CIA) , en gesê dat, "soms vereis die verdediging van vryheid die maak van 'n paar onaangename besluite", en hy het die martelings-gebaseerde taktiek wat deur sommige geallieerde magte gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog beskou as sou dit hul eventuele oorwinning bewerkstellig. Roberts glo dat die Irakse Oorlog die Engelssprekende volkere betrek het in "'n eksistensiële oorlog vir die oorlewing van hul lewenswyse" en dat die grootskaalse konflikte met Islamitiese ekstremisme 'n punt bereik het waar "hierdie stryd teen Islamofascisme die vierde wêreldoorlog is", die Koue Oorlog synde die Derde Wêreldoorlog te gewees het; terwyl "die Engelssprekende mense hulself op die voorpunt van die beskerming van die beskawing bevind".At stake in the Iraq war: survival of a way of life, Christian Science Monitor, 12 Julie 2007
Roberts het later in 2009 kommentaar gemaak op die menslike koste van die Irakse en Afgaanse oorloë en gesê dat Brittanje "minder soldate afgestaan het as op 'n normale naweek op die Westelike front tydens WW1". Roberts het vir die Daily Mail geskryf en soos volg opgemerk:"Die ontmanning van Britse buitelandse beleid na die oorlog in Irak en tydens die voortgesette Afgaanse oorlog, is 'n buitengewone verskynsel, indien in oorweging gebring word hoe min Britte hul lewens in dié plekke gegee het in vergelyking met ander oorloë." Hy het bygevoeg, "die omverwerping van die Taliban in 2001 en die oorwinning oor Saddam Hussein twee jaar later is in die geskiedkundige konteks teen 'n ongelooflike lae prys verkry".
Outeurskap en televisieverskynings Die eerste van Roberts se verskeie boeke was die biografie van Neville Chamberlain en Winston Churchill se Sekretaris van Staat vir Buitelandse en Gemenebes Sake (Buitelandse sekretaris), Edward Wood van Halifax, getiteld The Holy Fox, wat in 1991 gepubliseer is. Roberts het 'n and published in 1991. Roberts het 'n revisionistiese relaas van Wood, voorgehou. Halifax is al saam met Chamberlain van 'n paai-houding beskuldig, maar Roberts argumenteer egter dat Halifax eintlik begin het om sy regering weg te laat beweeg van daardie beleid vis-à-vis die Duitsland van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty na die 1938 München Krisis.
Die werk was in 1994 gevolg deur Eminent Churchillians, synde 'n versameling essays oor vriende en vyande van Churchill. 'n Groot deel van die boek is 'n aanval op die Admiraal van die Vloot (Koninklike Vloot van Groot-Brittanje) Louis Mountbatten en ander prominente leiers van die elite-klas. Die titel is 'n duidelike verwysing na die bekende-en op soortgelyke wyse- aggressiewe boek van biografieë Eminent Victorians.