Sir Antony James Beevor (gebore op 14 Desember 1946) is 'n Engelse militêre geskiedkundige. Hy het verskeie gewilde historieë betreffende die Tweede Wêreldoorlog en die 20ste eeu oor die algemeen gepubliseer. Eerbewyse Beevor is aangestel as 'n Ridder Bachelor in die 2017 Nuwejaars-eerbewyse vir "dienste ter ondersteuning van Gewapende Magte se Professionele Ontwikkeling".
Beevor is 'n Chevalier de l'Ordre des Arts et des Lettres, 'n lid van die Orde van die Kruis van Terra Mariana en 'n kommandeur van die Orde van die Kroon (België).
Beevor is in Julie 2016 as 'n eregenoot van King's Kollege Londen verkies. 'n Honorêre D.Litt. van die Universiteit van Bath is in 2010 aan hom toegeken,Honorary Graduates . Universiteit van Bath, 2012. Opgespoor op 24 Januarie 2012.Honorary Graduates 1989 to present . Universiteit van Bath, 2012. Opgespoor op 24 Januarie 2012. en 'n eredoktoraat van die Universiteit van Kent is in 2004 aan hom toegekenAntony Beevor . Penguin Books Ltd., 2011. Opgespoor op 24 Januarie 2012.
Beevor het vir sy boek Crete: The Battle and the Resistance die Runciman-prys gewen (die prys word geadministreer deur die Anglo-Hellenistiese Liga) vir die bevordering van belangstelling in die Griekse geskiedenis en kultuur.
Beevor se werk is erken met die Pritzker Militêre Museum en Biblioteek se Literatuurtoekenning vir 2014 vir sy "Lewenslange Prestasie in Militêre Geskiedskrywing". Die outeur, Tim O'Brien, (die 2013 ontvanger) het die aankondiging namens die verkiesingskomitee gemaak. Die toekenning is vergesel van 'n kontantprys van $VSA 100,000.
In Julie 2016 is die Medlicott-medalje aan Beevor toegeken vir sy dienste aan geskiedenis deur die VK-gebaseerde geskiedkundige genootskap.
Beevor sit ook op die Raad van die Genootskap van Outeurs.
Pryse Crete: The Battle and the Resistance Runciman-prys Stalingrad Samuel Johnson-prys vir Nie-fiksie Wolfson Geskiedenis-prys Hawthornden-prys vir literatuur Berlin:The Downfall 1945 Longman-geskiedenis vandag trustees-toekenning The Battle for Spain: The Spanish Civil War 1936-39 (Spaanse Uitgawe) La Vanguardia-prys vir Nie-fiksie
Gepubliseerde werke Beevor het in totaal dertien boeke geskryf. (beide romans en nie-fiksie). BoekJaarTipeGepubliseerAnderViolent Brink1975RomanEerste gepubliseer deur John Murray, LondenThe Faustian Pact1983RomanJonathan Cape, LondenFor Reasons of State1980RomanJonathan Cape, LondenThe Spanish Civil War1982Nie-fiksieEerste gepubliseer deur Orbis, LondenThe Enchantment of Christina von Retzen1989RomanWeidenfeld en Nicolson, LondenInside the British Army1990Nie-fiksieChatto en Windus, LondenCrete: The Battle and the Resistance1991Nie-fiksieJohn Murray, LondenParis After the Liberation, 1944–19491994Nie-fiksieMede-geskryf met sy vrou, Artemis Cooper. Gewysigde uitgawe 2004Stalingrad1998Nie-fiksieViking Press, Londen, later deur Penguin, LondenVertaal in ses-en-twintig ander tale. Berlin: The Downfall 19452002Nie-fiksiePenguin, LondenGepubliseer as The Fall of Berlin 1945 in die VSA The Mystery of Olga Chekhova2004Nie-fiksie (Sien Olga Chekhova) The Battle for Spain: The Spanish Civil War 1936–392006Nie-fiksie Spaanse uitgawe gepubliseer in 2005. D-Day: The Battle for Normandy2009Nie-fiksiePenguin Books, Londen The Second World War2012Nie-fiksie W&N Ardennes 1944: Hitler's Last Gamble2015Nie-fiksie Viking Arnhem: The Battle for the Bridges, 19442018Nie-fiksie Viking
Antony Beevor het verskeie boeke geredigeer, insluitende: A Writer at War: Vasily Grossman with the Red Army 1941–1945 deur Vasily Grossman.
Hy het ook bygedra tot verskeie ander boeke, insluitende: The British Army, Manpower and Society into the Twenty-First Century, red. deur Hew Strachan What Ifs? of American History: Eminent Historians Imagine What Might Have Been, deur Robert Cowley (Redakteur), Antony Beevor en Caleb Carr. (2003)
Notas
Verwysings
Eksterne skakels
Antony Beevor Stalingrad Berlin - The Downfall 1945 Antony Beevor bespreek sy boek oor die Spaanse Burgeroorlog
Onderhoud oor The Second World War by die Pritzker Military Museum & Library op 21 Junie 2012 Sir Antony Beevor op Desert Island Discs, BBC Radio 4, 19 Februarie 2017
Kategorie:Britse geskiedkundiges Kategorie:Britse skrywers Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense