Gerrit Jan Komrij (30 Maart 1944 – 5 Julie 2012) was 'n Nederlandse digter, romansier, vertaler, kritikus, polemikus en dramaturg.

Hy het in die vroeë 1970's bekendheid verwerf met die skryf van poësie wat skerp verskil het van die vryevers-poësie van sy tydgenote. Hy het in die laat 1970's 'n reputasie verwerf vir die skryf van bitsige essays en rubrieke wat dikwels krities was oor skrywers, televisieprogramme en politici.

As literêre kritikus en veral as 'n bundelsamesteller het hy 'n formatiewe invloed op die Nederlandse literatuur uitgeoefen. Sy 1979-bloemlesing van die Nederlandse poësie uit die 19de en 20ste eeu het die milieu hervorm, en is gevolg deur bloemlesings van Nederlandse poësie uit die 17de en 18de eeu en Afrikaanse- en jeugpoësie.

Hierdie bloemlesings en 'n voortgesette stroom prosa- en poësiepublikasies het sy reputasie as een van die land se top skrywers en kritici verstewig. Die hoogste literêre eerbewyse in Nederland, insluitend die P.C. Hooft-prys (1993), is aan Komrij toegeken. Van 2000 tot 2004 was hy die Nederlandse Dichter des Vaderlands. Komrij het in 2012 op die ouderdom van 68 jaar gesterf.Writer Gerrit Komrij dies after a long illness

Sy bloemlesing Die Elektries Gelaaide Hand is deur Protea Boekhuis uitgegee. Dit is 'n oorsigtelike keuse uit die poësie van een van Nederland se belangrikste moderne digters en is met groot noukeurigheid en 'n fyn aanvoeling deur Daniël Hugo in Afrikaans vertaal.

Biografie Gerrit Jan Komrij is op 30 Maart 1944 in die oostelike dorpie Winterswijk in Gelderland gebore. Hy het gou verhuis na Amsterdam en 'n literêre loopbaan begin. In 1968 is sy eerste poësiebundel, Maagdenburgse halve bollen en andere gedichten gepubliseer, en in 1969 het hy die redakteur geword van die literêre tydskrif Maatstaf. In die sewentigerjare het hy ook 'n televisie en literatuurkritikus geword. Hy is as kritikus gevrees vir sy kleurvolle en sarkastiese taalgebruik.

In die 1970's en 1980's het hy en sy lewensmaat Charles Hofman 'n aantal Nederlandse skrywers (onder andere Boudewijn Büch, met wie hy lank sou korrespondeer) bevriend. In die vroeë 1980's het Komrij en Hofman, kort na die publikasie van sy toneelstuk Het Chemisch Huwelijk (wat die eerste keer in Amsterdam opgevoer is), na Portugal verhuis waar hy vir die res van sy lewe sou woon. Komrij het die 2008 Mosse-lesing getiteld "Waarom zijn Nederlanders zo dol op homoseksuelen?" gegee.

In 2012 is sy afsterwe met konsternasie maar ook wydverspreide lof vir sy werk ontvang. Die digter-laureaat Ramsey Nasr, wat Komrij opgehaal het as een van sy inspirasies, het 'n gedig vir Komrij geskryf en Koningin Beatrix het haar medelye via telegram aan Charles Hofman gestuur en vermeld dat Nederland 'n groot digter verloor het.

Lirieke Komrij het librettos vir twee operas geskryf: Symposium deur Peter Schat (1994) en Melodias Estranhas deur Antonio Chagas Rosa (2000). Hy het ook die lirieke voorsien vir twee samewerkingsgeleenthede met die Nederlandse vokale groep Camerata Trajectina.

Prosa Behalwe vir die feit dat hy 'n kritikus van poësie en kultuur in die algemeen was, het Komrij verskeie semi-outobiografiese werke geskryf, soos onder andere Verwoest Arcadië (1980) en Demonen (2003). Hy het ook verskeie romans geskryf soos onder andere Over de bergen, Dubbelster en De klopgeest.

Boeke oor boeke, bloemlesings Komrij was 'n kompulsiewe versamelaar van skaars en absurde boeke ('n stokperdjie wat hy gedeel het met Boudewijn Büch ). Ou homoseksuele literatuur, sonderlinge 18de en 19de eeuse digters en antieke literatuur oor winde-los, was slegs sommige van sy merkwaardigste onderwerpe. Sy artikels en essays is versamel in boeke soos Verzonken boeken, Averechts en Kakafonie-laasgenoemde met die subtitel "'n Ensiklopedie van Uitskot". In 1979 het Komrij 'n nuwe standaard-Nederlandse bloemlesing gepubliseer: De Nederlandse poëzie van de 19de en 20ste eeuw in 1000 en enige gedichten, wat gou die maatstaf geword het waaraan digters gemeet word. Dit is gevolg deur 'n volume van 17de en 18de eeuse poësie, 'n bloemlesing van Afrikaanse digters en digteresse, en 'n bloemlesing oor middeleeuse gedigte. Hy het ook verskeie ander bloemlesings geredigeer, een oor moeders en een 'n keur van die poësie van Jacob Israël de Haan.

Komrij het vertalings uit 'n groot verskeidenheid tale gemaak, waaronder die volledige toneelstukke deur Shakespeare.

Pryse duimnael|regs|200px|Komrij se "Schoolverlater" soos vertoon in Leiden. Komrij se prosakuns is in 1979 erken toe die Busken Huet-prys aan hom toegeken is. In 1993 het Komrij die P.C. Hooft-prys vir sy prosa gewen. Komrij het in 1970 die poësieprys van die Stad van Amsterdam ontvang vir sy bundel Alle vlees is als gras, en in 1982 die Herman Gorter-prys vir De os op de klokketoren.

Keur uit sy bibliografie Outobiografieë Verwoest Arcadië. Privé-Domein 59. Amsterdam: Arbeiderspers, 1980. . Intimiteiten. Amsterdam: Arbeiderspers, 1993. . Demonen. Amsterdam: De Bezige Bij, 2003. . Eendagsvliegen. Amsterdam: De Bezige Bij, 2005. .

Prosafiksie Een zakenlunch in Sintra en andere Portuguese verhalen. Amsterdam: Arbeiderspers, 1995. . De klopgeest. Amsterdam: De Bezige Bij, 2001. .

Prosakritiek Lood en hagel. Amsterdam: Arbeiderspers, 1998. . Vreemd pakhuis. Amsterdam: De Bezige Bij, 2001. .

Poësie Twee werelden. Amsterdam: Arbeiderspers, 1987. . Rook zonder vuur. Den Haag: Stupers Van der Heijden, 1998. . 52 Sonnetten bij het Verglijden van de Eeuw. Amsterdam: Bert Bakker, 2000. . Luchtspiegelingen: Gedichten, voornamelijk elegisch. Amsterdam: De Bezige Bij, 2001. . Komrij's patentwekker. Illustrasies deur Dick Matena. Oorspronklik gepubliseer in 1974. Amsterdam: De Bezige Bij, 2007. .

Ensiklopedie Komrij's Kakafonie: Encyclopedie van de stront. Amsterdam: De Bezige Bij, 2006. .

Bloemlesings De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten. Amsterdam: Bert Bakker, 1999. . De Afrikaanse poëzie, 10 gedichten en een lexicon. Amsterdam: Bert Bakker, 1999. .

Verwysings

Bronne Bom, Onno. Het fabeldier dat Komrij heet. Den Haag/Amsterdam: Letterkundig Museum/De Bezige Bij, 2004. .

Eksterne skakels

Lucifer in het hooi - Weblog Gerrit Komrij

Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Nederlandse skrywers