Türkiyemspor Berlyn is 'n sokkerklub uit Berlyn, die hoofstad van Duitsland.
Geskiedenis Die klub is in 1978 gestig deur 'n groep jong spelers wat vriendskaplike wedstryde gespeel het as Kreuzberg Gençler Birliği (Kreuzberg Jeugvereniging). Kreuzberg is 'n stadsdistrik van Berlyn.
Die klub is formeel in 1983 geregistreer as BFC Izmirspor, vernoem na die Turkse stad Izmir, waarmee baie van die destydse spelers bande gehad het.
Die klub is van die begin af finansieel ondersteun deur klein besighede vanuit die Turkse immigrantegemeenskap van Berlyn en in 1987 het die span sy naam verander na Türkiyemspor Berlyn.
Die klub het in 1988, 1990 en 1991 die DFB-Pokal gehaal en in 1991 tot die tweede rondte gevorder. In die 1990/91-seisoen het die klub promosie na die 2. Bundesliga gemis deurdat hulle gestraf is vir die gebruik van 'n ongemagtigde speler. Nadat hulle gedwing is om drie wedstryde oor te speel, het hulle net 'n gelykopuitslag in die laaste wedstryd van die seisoen nodig gehad. Die span het egter met 0-5 teen Tennis Borussia Berlyn verloor, wat toe gepromoveer het ten koste van Türkiyemspor.
Impak van die klub op Duitse sokker Türkiyemspor word erken as een van die suksesvolste klubs wat uit die Duitse immigrantegemeenskap ontstaan het. Die klub het gehelp om 'n positiewe beeld van sy gemeenskap te skep en heelwat ander Turks-etniese klubs het in Türkiyemspor se voetspore gevolg. Die naam Türkiyemspor word nou ook gebruik deur klubs in Mönchengladbach, Wuppertal, Breuberg, Amsterdam, Australië en die VSA.
Die klub en sy ondersteuners is ongelukkig ook soms die teiken van vyandigheid en aanvalle deur radikale ver-regse groepe.
Onlangse ligaposisionering 1986–1987 (IV) Landesliga Berlyn 2de 1987–1988 (III) Am.Oberliga Berlyn 5de 1988–1989 (III) Am.Oberliga Berlyn 5de 1989–1990 (III) Am.Oberliga Berlyn 8ste 1990–1991 (III) Am.Oberliga Berlyn 2de 1991–1992 (III) Am.Oberliga Noordoos-Sentraal 6de 1992–1993 (III) Am.Oberliga Noordoos-Sentraal 6de 1993–1994 (III) Am.Oberliga Noordoos-Sentraal 6de 1994–1995 (III) Regionalliga Noordoos 18de 1995–1996 (IV) Am.Oberliga Noordoos-Noord 3de 1996–1997 (IV) Am.Oberliga Noordoos-Noord 3de 1997–1998 (IV) Am.Oberliga Noordoos-Noord 3de 1998–1999 (V) Verbandsliga Berlyn 13de 1999-00 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 14de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 12de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 7de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 7de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 5de 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 3de 2008-09 (IV) Regionalliga Noord 15de
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Regionalliga Noord 2010/11-seisoenHertha BSC Berlyn II, Türkiyemspor Berlyn, Eintracht Brunswyk II, Chemnitzer FC, FC Energie Cottbus II, Hallescher FC, Hamburger SV II, Hannover 96 II, TSV Havelse, Holstein Kiel, RB Leipzig, VfB Lübeck, 1. FC Maagdenburg, ZFC Meuselwitz, FC Oberneuland, VFC Plauen, SV Wilhelmshaven, VfL Wolfsburg II
Berlyn Kategorie:Sport in Berlyn