VfB Germania Halberstadt is 'n sportklub uit Halberstadt in die deelstaat Sakse-Anhalt in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling.
Die klub is in 1900 gestig en in die jare voor die Tweede Wêreldoorlog het die klub in die Bezirksklasse, destyds die tweede vlak, meegeding. Na die oorlog het die Geallieerdes die klub ontbind en op 26 Oktober 1949 is die klub herstig as Betriebssportgemeinschaft "Reichsbahn" Halberstadt. Hierna het daar in tipies Oos-Duitse styl 'n reeks naamsveranderinge gevolg (kyk hieronder). In 1994 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as FC Germania 1900 Halberstadt, maar op 1 Oktober 1997 het hulle weer saamgesmelt met VfB Halberstadt 1949 en het die klub sy huidige naam aangeneem.
Benewens sokker, het die klub onder meer ook afdelings vir atletiek, gimnastiek, judo, sport vir gestremdes, tafeltennis, vlugbal en trompoppies.
Naamsveranderinge 1900: FC Germania Halberstadt 1949: BSG "Reichsbahn" Halberstadt 1950: BSG "Lokomotive" Halberstadt 1954: BSG Lokomotive Halberstadt 1971: BSG Lokomotive/Vorwärts Halberstadt 1976: BSG Lokomotive Halberstadt 1990: ESV Halberstadt 1994: VfB Halberstadt 1949 1994: FC Germania 1900 Halberstadt (sokkerafdeling word onafhanklik) 1997: VfB Germania Halberstadt (samesmelting met VfB Halberstadt 1949)
Onlangse ligaposisionering 1971-72 (II) DDR-Liga, Stapel C 6de 1972-73 (II) DDR-Liga, Stapel C 4de 1973-74 (II) DDR-Liga, Stapel C 3de 1974-75 (II) DDR-Liga, Stapel C 11de 1975-76 (III) Bezirksliga Maagdenburg 1ste 1976-77 (II) DDR-Liga, Stapel C 12de 1977-78 (III) Bezirksliga Maagdenburg 2de 1978-79 (II) DDR-Liga, Stapel C 12de 1990-91 (IV) Verbandsliga Sakse-Anhalt 10de 1991-92 (IV) Verbandsliga Sakse-Anhalt 15de 1992-93 (VI) Bezirksliga Maagdenburg 4de 1993-94 (VII) Bezirksliga Maagdenburg 11de 1994-95 (VI) Landesliga Sakse-Anh. Sentraal 2de 1995-96 (VI) Landesliga Sakse-Anh. Sentraal 2de 1996-97 (VI) Landesliga Sakse-Anh. Sentraal 3de 1997-98 (VI) Landesliga Sakse-Anh. Sentraal 3de 1998-99 (VI) Landesliga Sakse-Anh. Sentraal 3de 1999-00 (VI) Landesliga Sakse-Anh. Sentraal 3de 2000-01 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 8ste 2001-02 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 8ste 2002-03 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 8ste 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 12de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 9de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 6de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 10de 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Suid
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | 1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | Hallescher FC | FC Carl Zeiss Jena II | FC Sachsen Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | VFC Plauen | VfB Pößneck | VfB 1906 Sangerhausen | FSV Zwickau
Halberstadt