VfB Speldorf is 'n sokkerklub uit Mülheim an der Ruhr in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland. Speldorf is 'n stadsdeel van Mülheim.

Geskiedenis Die klub is op 19 Januarie 1919 gestig as opvolger van SC Preußen Speldorf, wat voor die Eerste Wêreldoorlog bestaan het.

Speldorf het in die 1930’s twee keer aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Gauliga Neder-Ryn deelgeneem, maar kon nie deurdring nie.

Die klub se beste prestasie was om in 1956 te promoveer na die 2. Oberliga Wes, destyds op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur.

Stadion Die klub speel tradisioneel sy tuiswedstryde op die Stadion am Blötter Weg, wat slegs sowat 2 500 toeskouers akkommodeer (meesal staanplekke). Die stad Mülheim an der Ruhr en VfB Speldorf is tans in samesprekings gewikkel om die klub vanaf die 2008/09-seisoen na die na die Ruhrstadion te skuif (wat aan die stad behoort), aangesien die infrastruktuur van die Stadion am Blötter Weg nie na wense is nie en Speldorf tans die klub is wat op die hoogste vlak meeding van enige klub uit die stad. Die stadion is vroeër deur 1. FC Mülheim gebruik toe hy in die 2. Bundesliga meegeding het en word tans deur Galatasaray Mülheim gebruik, wat in die Landesliga meeding. Die Ruhrstadion kan sowat 6 000 toeskouers akkommodeer.

Onlangse ligaplekke 1990-91 (V) Landesliga Neder-Ryn St. 3 6de 1991-92 (V) Landesliga Neder-Ryn St. 3 2de 1992-93 (V) Landesliga Neder-Ryn St. 3 5de 1993-94 (VI) Landesliga Neder-Ryn St. 3 7de 1994-95 (VI) Landesliga Neder-Ryn St. 3 2de 1995-96 (VI) Landesliga Neder-Ryn St. 3 1ste 1996-97 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 9de 1997-98 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 14de 1998-99 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 10de 1999-00 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 5de 2000-01 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 3de 2001-02 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 4de 2002-03 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 2003-04 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 8ste 2004-05 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 1ste 2005-06 (IV) Oberliga Noord-Ryn 12de 2006-07 (IV) Oberliga Noord-Ryn 14de 2007-08 (IV) Oberliga Noord-Ryn

Eksterne skakels Amptelike klubblad

Oberliga Noord-Ryn 2007/08-seisoen Alemannia Aken II | SSG 09 Bergisch Gladbach | Bonner SC | FC Germania Dattenfeld MSV Duisburg II | TuRU Düsseldorf | Fortuna Düsseldorf II | Swartwit Essen VfB Homberg | 1. FC Kleve | 1. FC Keulen II | Bayer 04 Leverkusen II VfL Borussia Mönchengladbach II | VfB Speldorf | SV 19 Straelen | KFC Uerdingen 05 SSVg Velbert | Wuppertaler SV Borussia II

Speldorf