Ý (y met akuut-aksentteken) of ý is 'n letter van die Latynse alfabet wat in Afrikaans, Oudnoors, Yslands, Kasaks, Faroëes, Tsjeggies, Slowaaks en Turkmeens gebruik word.
Voorkoms
In Afrikaans In Afrikaans verteenwoordig ý soos alle akuut-aksenttekens 'n klem. Dit word nie as 'n aparte letter beskou nie.
In Yslands In Yslands is ý die 29ste letter van die alfabet, tussen Y en Þ. Dit verteenwoordig die klank [iː] ( soos "bier").
In Turkmeens In Turkmeens is ý die 29ste letter van die alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [j]( soos "ja" ).
In Faroëes In Faroëes is ý die 27ste letter van die alfabet, tussen y en æ en verteenwoordig die klank [ʊi] of [ʊiː] (soos Engels "boil").
In Tsjeggies In Tsjeggies is ý die 40ste letter van die alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [iː] (soos "bier").
In Slowaaks Ý is die 44ste letter van die Slowaakse alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [iː] (soos "bier").
In Kasaks Ý is die 29ste letter van die Kasaks Latynse alfabet, tussen y en z. Dit verteenwoordig die klank [w] (soos "kwart").
Ander gebruike In Viëtnamees beteken ý "Italië", wat kort vir Ý Đại Lợi is.
Ý word nie in Moderne Spaans gebruik nie, maar ý bestaan wel in die eienaam Aýna, 'n dorp in Spanje.
Sien ook Ÿ Ŷ
Verwysings
Kategorie:Simbole