Alan Rawsthorne (2 Mei 1905 – 24 Julie 1971) was 'n Britse komponis. Hy was gebore in Haslingden, Lancashire, en was begrawe in die Thaxted Begraafplaas in Essex.
Vroeë Jare Alan Rawsthorne was in Deardengate Huis, Haslingden, Lancashire, gebore as die seun van Hubert Rawsthorne (1868–1943), 'n vermoënde dokter, en sy vrou Janet Bridge (1877/8–1927). Ten spyte van wat voorgekom het as 'n gelukkige en liefdevolle gesinslewe saam met sy ouers en ouer suster, Barbara (sy enigste broer of suster) in die pragtige landelike gebied van Lancashire, het Rawsthorne as 'n jong seun gely aan 'n ietwat brose gesondheid.(
Alhoewel hy op verskeie tye skool bygewoon het in Southport, het baie van Rawsthorne se vroeëre opvoeding egter tuis plaasgevind by wyse van private tutorklasse. Ten spyte van 'n jeugdige aanleg vir musiek en literatuur, het Rawsthorne se ouers egter probeer om hom weg te stuur van sy droom om 'n professionele musikant te word. Gevolglik het hy op onsuksesvolle wyse gepoog om 'n graadkursus te neem by die Universiteit van Liverpool, eers in Tandheelkunde en daarna in Argitektuur. Wat die tandheelkunde betref, is Rawsthorne op rekord as sou hy die volgende gesê het, "Ek het dit opgegee, dank die Here, voordat ek naby enigiemand se mond kon kom", terwyl sy vriend, Constant Lambert geskerts het "Mnr Rawsthorne stel my gerus dat hy die tandheelkundige beroep opgegee het, selfs as 'n stokperdjie".
Komposisies
Ballet Madame Chrysanthème (1955)
Orkes Simfonieë Simfonie No. 1 (1950) Simfonie No. 2 'n Pastorale Simfonie (1959) Simfonie No. 3 (1964) Simfoniese Studies (1938) Concerto vir Strykorkes (1949) Cortèges, Fantasy Ouverture (1945) Divertimento vir Kamerorkes (1962) Elegiëse Rapsodie vir Strykinstrumente (1963) Hallé Ouverture Improvisasies op 'n Tema deur Constant Lambert (1960) Ligte Musiek vir Strykinstrumente (1938) Suite van Madame Chrysanthème Ouverture vir Farnham Prisoniers' Mars – van die rolprent The Captive Heart Musiek van die rolprent The Cruel Sea Straathoek Ouverture Tema, Variasies en Finale Triptiek vir Orkes
Concertante Tjellokonsert (1966) Klarinet Concerto (1936–37) Hobo Concerto (1947) Klavier Klaviersoncerto No. 1 (1939, revised 1942) Klavierconcerto No. 2 (1951) Concerto vir Twee Klaviere en Orkes (1968) Viool Vioolconcerto No. 1 (1948) Vioolconcerto No. 2 (1956) Concertante Pastorale vir Fluit, Horing en Orkes (1951)
Kamermusiek Stykkwartette Stykkwartet No. 1 (1939) Stykkwartet No. 2 (1954) Stykkwartet No. 3 (1965) Concertante vir Klavier en Viool (1937) Concerto vir Tien Instrumente (1961) Klarinet Kwartet (1948) Kwintet vir Klavier, Hobo, Klarinet, Horing en Fagot (1963) Klavierkwintet (1968) Sonatina vir Fluit, Hobo en Klavier (1936) Suite vir Fluit, Altviool en Harp (1968) Tema en Variasies vir Twee viole (1937) Klaviertrio (1962)
Instrumentaal Vioolsonata (1960) Altviool sonata (1937, revised 1953) Tjellosonata (1949) Suite vir Blokfluit en Klavier Elegie vir Kitaar (1971)
Klavier Ballade in G skerp mineur (Gedateer Kersfees 1929) Klaviersonatina (1949) Vier Romantiese Stukke (1953) Bagatelles (1938) Ballade (1967) The Creel: suite vir klavierduet
Vokaal Orkestraal Carmen Vitale: koorsuite A Canticle of Man: kamerkantate The God in a Cave: kantate Middeleeuse Diptiek 962 Practical Cats vir Spreker en Orkes Tankas van die Vier Seisoene
Koormusiek Canzonet van A Garland for the Queen Vier Seisoenale Liedere Klaag vir 'n Mossie Die Osse 'N Roos vir Lidice
Vokaal Drie Franse Kinderrympie liedjies We Three Merry Maids Twee Liedere tot Woorde deur John Fletcher Kersfeessang Saraband (met Ernest Irving) Scena Rustica vir Sopraan en harp Twee Visse
Eksterne skakels The Friends of Alan Rawsthorne – includes list of published works, discography and essays Leicestershire Schools Symphony Orchestra – Norman Del Mar, Norma Fisher and the composer following a performance of the 2nd Piano Concerto at the Fairfield Hall, Croydon in 1967 Cello Sonata Reviews
Verwysings
Kategorie:Britse komponiste Kategorie:Geboortes in 1905 Kategorie:Sterftes in 1971