Die Vickers VC10 is 'n middelgroot smalromp-straalvliegtuig met sitplek vir 135 passasiers wat deur die Britse vervaardiger Vickers-Armstrongs (Aircraft) Ltd ontwikkel is. Sy nooiensvlug is in 1962 vanaf die Brooklands-vliegveld in Surrey onderneem.

Die VC10 is spesifiek ontwerp vir lugrederye wat roetes na Afrika bedien het. So was dit nie net geskik vir die betreklik kort aanloopbane van dié tyd nie, maar ook aangepas vir die besondere atmosferiese toestande van hooggeleë lughawens op die Afrikavasteland met relatief hoë temperature en laer lugdigtheid. Die VC10 hou ook steeds die rekord vir die vinnigste transatlantiese vlug van enige subsoniese vliegtuig, vanaf New York se John F. Kennedy Internasionale Lughawe na Glasgow-Prestwick, met 5 ure en 1 minuut - net die Concorde was vinniger.Forces Network, 25 Julie 2016: VC10: The RAF's Record Breaking Airliner. Besoek op 2 Mei 2019

Wat die VC10 se ontwerp betref, word daar dikwels vergelykings getrek met die Sowjet-Russiese Iljoesjin Il-62. Albei stralers is deur vier enjins aan hul agterkant aangedryf. 'n Derde, maar kleiner vliegtuig met hierdie kenmerkende ontwerp is die besigheidstraler Lockheed JetStar.

Verwysings

Kategorie:Passasiersvliegtuie