Boris Wladimirowitsj Asafjef (; - 27 Januarie 1949) was 'n Russiese en Sowjet-komponis, skrywer, musikoloog, musiekkritikus en een van die stigters van Sowjetse musikologie. Sergei Prokofiëf se eerste simfonie is aan hom opgedra.
Asafjef is in Sint Petersburg gebore.Hy het 'n beduidende invloed op Sowjetmusiek gehad. Sy komposisies sluit ballette, operas, simfonieë, concertos en kamermusiek in. Sy ballette sluit in Die Vlamme van Parys, gebaseer op die Franse Rewolusie, en Die Fontein van Bachtsjisarai, wat die eerste keer in 1934 opgevoer is.
Sy skrywes, onder die naam Igor Glebof, sluit in Die Boek oor Strawinski en Glinka (waarvoor die Stalinprys in 1948 aan hom toegeken is).
Geselekteerde werke thumb|180px|'n Gedenkplaat vir Asafjef in Troedaplein, Sint Petersburg. Operas Die Kassier se Vrou Minin en Pozjarski Die Meisie sonder 'n Bruidskat
Ballette Die Feetjie se Geskenk (1910) Wit Lelie (1911) Die Vlamme van Parys (1931) Die Fontein van Bachtsjisarai (1936) Die Gevangene van die Kaukasus (1938) Die Plattelandse Dame Die Gas van Steen (1946)
Orkes 5 Simfonieë Concerto vir klarinet en orkes (1939) Concerto vir kitaar en kamerorkes (1939) Concerto vir klavier en orkes (1939)
Kamermusiek Strykkwartet (1940) Sonata vir soloaltviool (1938) Sonata vir tjello en klavier (1935) Sonata vir trompet en klavier (1939) Sonatina vir hobo en klavier (1939) Variasies vir horing en klavier (1940)
Verwysings
Verdere leeswerk
Eksterne skakels
Kategorie:Russiese komponiste Kategorie:Russiese skrywers Kategorie:Sowjetse musici Kategorie:Musiekkritici Kategorie:Musikoloë Kategorie:Geboortes in 1884 Kategorie:Sterftes in 1949