GFC Düren is 'n sportklub uit Düren in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub is in 1909 as Gürzenicher Fußball Club gestig en het ook afdelings vir tafeltennis en vlugbal. Gürzenich is ’n stadsdeel van Düren en was tot 1972 'n onafhanklike dorp.
Die klub het in 2002 die Oberliga Noord-Ryn gehaal, die sokkerafdeling se grootste prestasie. Die sportklub se beste prestasie was toe die vlugbalafdeling twee spelers vir die 2004 Duitse olimpiese vroue-strandvlugbalspan gelewer het en ook die Duitse strandvlugbalkampioenskap vir dames gewen het in 2005.
Onlangse ligaplekke 1981-82 (V) Landesliga Middel-Ryn 1ste 1982-83 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 14de 1983-84 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 9de 1984-85 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 15de 1985-86 (V) Landesliga Middel-Ryn 1ste 1986-87 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 11de 1987-88 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 3de 1988-89 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 3de 1989-90 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 10de 1990-91 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 3de 1991-92 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 14de 1992-93 (V) Landesliga Middel-Ryn 1ste 1993-94 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 5de 1994-95 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 5de 1995-96 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 3de 1996-97 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 9de 1997-98 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 11de 1998-99 (V) Verbandsliga Middel-Ryn - onttrek 1999-00 (VI) Landesliga Middel-Ryn 2de 2000-01 (VI) Landesliga Middel-Ryn 1ste 2001-02 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Noord-Ryn 9de 2003-04 (IV) Oberliga Noord-Ryn 11de 2004-05 (IV) Oberliga Noord-Ryn 13de 2005-06 (IV) Oberliga Noord-Ryn 13de 2006-07 (IV) Oberliga Noord-Ryn 18de 2007-08 (V) Verbandsliga Middel-Ryn
Eksterne skakels Amptelike klubblad
Oberliga Noord-Ryn 2006/07-seisoen Alemannia Aken II | SSG 09 Bergisch Gladbach | 1. FC Bocholt | Bonner SC MSV Duisburg II | GFC Düren 09 | TuRU Düsseldorf | Swartwit Essen VfB Homberg | 1. FC Kleve | 1. FC Keulen II | SC Rooiwit Oberhausen Union Solingen | VfB Speldorf | SV Straelen | KFC Uerdingen 05 SSVg Velbert | Wuppertaler SV Borussia II
Düren