Sixtus I was die sewende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Die oudste dokumente spel die naam as ‘’’Xystus’’’. SixtusSixtus I, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.Artaud de Montor, Alexis F., Chévalier de, "The lives and times of the popes to 1003". (vertaal vanaf "Les vies des papes") bl. 39 The Catholic Publication Society of America, New York. 1911.Ott, M. (1912). Pope St. Sixtus I. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 27 November 2014 by New Advent: was 'n Romein uit die Colonna-familie en sy vader se naam was Pastor. Hy volg Pous Alexander I op en regeer van 115 tot 125 tydens die bewind van keiser Trajanus en later keiser Hadrianus. Hy word opgevolg deur Pous Telesforus. Die naam 'Xystus' beteken 'die beskaafde'.

Volgens die Liber PontificalisLoomis, Louise R. (1874 vertaling) The book of the popes (Liber Pontificalis) bl. 55. New York, University of Columbia Press. Augustus 1997. is Sixtus gebore in die Via Lata-distrik en is sy dood gevolg deur 'n sede vacante van 2 maande.

Pontifikaat Tydens sy bewind het hy het die volgende drie ordonnansies uitgevaardig: slegs gewyde priesters mag die heilige vaatwerk aanraak biskoppe wat na die Vatikaan ontbied is, moet, wanneer hulle na hulle bisdom terugkeer, Apostoliese briewe toon na die inleiding van die Mis moet die priester saam met die gelowiges die Sanktus opsê of sing.

Verering Pous Sixtus I is heilig verklaar en hy word later as martelaar vereer. Sy feesdag is op 3 April.

Hy is in die Vatikaan begrawe langs die graftombe van Simon Petrus. Daar word gesê dat sy reliek oorgedra is na Alatri in 1132, maar O. Jozzi"Il corpo di S. Sisto I., papa e martire rivendicato alla basilica Vaticana", Rome, 1900 beweer dat dit nog steeds in die Vatikaan is.

Bronne Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London.

Eksterne skakels

Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Opvolging

Sixtus I Sixtus I Kategorie:Geboortes in 42 Kategorie:Sterftes in 125