Marlene Dietrich [maɐˈleːnə ˈdiːtrɪç] (* 27 Desember 1901 in Schöneberg naby Berlyn; † 6 Mei 1992 in Parys; gebore Marie Magdalene Dietrichoyla4.de, „LS Marlene4ever“ , besoek op 25 September 2006) was 'n gebore Duitser wat bekend geraak het as 'n aktrise en sangeres.
In die vroeë dertigerjare het sy internasionale erkenning behaal met rolprente soos Der blaue Engel. Sy was dan ook die eerste Duitse aktrise wat 'n suksesvolle loopbaan in Hollywood begin het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy die Verenigde State se militêre optrede teen Nazi-Duitsland gesteun nadat sy reeds in 1939 Amerikaanse burgerskap aanvaar het. Sy het haar ná haar loopbaan aan die openbare lewe onttrek en is in 1992 in haar Paryse woonstel oorlede. Sy is in haar geboortestad Berlyn ter ruste gelê.
Biografie Jeug duimnael|links|200px|Gedenkplaat by haar geboortehuis Leberstraße 65 in die kwartier Rote Insel van Berlyn-Schöneberg duimnael|links|200px|Leberstraße 65 Marlene Dietrich was die tweede dogter uit die huwelik van Louis Erich Otto Dietrich, 'n luitenant van die Koninklike Polisie, en sy eggenote Wilhelmine Elisabeth Josephine (gebore Felsing) in Schöneberg (tans 'n stadsbuurt van Berlyn). Tuis is sy kortweg "Lena" genoem. Op elfjarige ouderdom het sy egter begin om haarself Marlene te noem, 'n samesmelting van haar twee voorname.Freitag, die Ost-West-Wochenzeitung, 21 Desember 2001 Besoek op 3 Junie 2007
Marlene se ouer suster was Elisabeth, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog saam met haar man naby die konsentrasiekamp Bergen-Belsen 'n rolprentteater bestuur het. Aangesien veral lede van die SS die bioskoop besoek het, het Marlene haar susterskap later steeds ontken. Nogtans het Marlene haar suster ná die oorlog finansieel ondersteun nadat die rolprentteater in moeilikhede beland het.Berlinale 2002 – Filmforum Besoek op 3 Junie 2007
Ná die afsterwe van haar vader in 1907 het haar moeder in 1914 met luitenant Edouard von Losch getrou, wat in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het.Marlene Dietrich Schauspielerin 1901–1992, besoek op 3 Junie 2007 Marlene het haar kinderjare in Leberstraße 65 (sedert 1937 Sedanstraße) op die sogenaamde Rote Insel (Rooi Eiland) deurgebring en die Auguste-Viktoria-Schule in Nürnbergerstraat bygewoon. Die gesin het ook in Kaiserallee (tans Bundesallee) in Berlyn gewoon. Vanaf 13 April 1917 tot paastyd in 1918 het sy die Viktoria-Luisen-Schule (tans die Goethe-Gymnasium) in Berlyn-Wilmersdorf bygewoon.Deutsche Kinemathek. Museum für Film und Fernsehen Besoek op 3 Junie 2007
Ná haar skoolloopbaan in Berlyn het Marlene in 1918 opleiding as konsertvioliste by die musiekkollege in Weimar begin. In 1921 het sy haar studies in Berlyn voortgesit. In die volgende jaar moes sy egter haar studies weens 'n seningontsteking staak. Tydens 'n oudisie by die Deutsche Theater is sy deur die bekende teaterregisseur Max Reinhardt ontdek en het sy in haar eerste toneelrol gespeel.Turner Classic Movies Database , MARLENE DIETRICH , besoek op 3 Junie 2007 Sy het vervolgens verdere opleiding by Reinhardt se teaterskool ondergaan.Dirk Jasper Filmstarlexikon Besoek op 3 Junie 2007
Sy is in 1923 met Rudolf Sieber (1897–1976), 'n produksie-assistent, getroud. Hulle enigste dogter, Maria Elisabeth Sieber (ná haar huwelik in die 1940's Maria Riva) is in die volgende jaar op 13 Desember gebore.
Filmloopbaan en vroeë wêreldroem duimnael|Marlene Dietrich in Der blaue Engel, 'n rolprent wat in die ateljee Babelsberg in Potsdam vervaardig is In 1922 het sy vir die eerste keer in 'n film, So sind die Männer, verskyn. In die volgende jaar het sy haar eerste hoofrol teenoor William Dieterle gekry wat ook sy debuut gemaak het as regisseur in Der Mensch am Wege. Sy het in nog 'n aantal films gespeel, waaronder Alexander Korda se Eine DuBarry von heute en Madame wünscht keine Kinder (beide in 1926).
Ná 'n groot aantal kleiner toneel- en filmrolle is Marlene in 1927 deur die Weense rolprentvervaardiger Sascha Kolowrat-Krakowsky ontdek en het sy saam met die gewilde akteur Willi Forst 'n hoofrol in die film Café Elektric gespeel. Met haar volgende hoofrol het sy in 1929 internasionale bekendheid verwerf. Die Duitse filmregisseur Josef von Starnberg was destyds besig om Heinrich Mann se roman Professor Unrat as Der blaue Engel (Die blou engel) te verfilm en nog steeds op soek na 'n aktrise wat vir die hoofrol in aanmerking sou kom. Von Starnberg het Marlene tydens 'n opvoering van die toneelstuk Zwei Krawatten ("Twee dasse") ontdek. Met haar vertolking van die filmkarakter Lola Lola in Der blaue Engel het Marlene wêreldberoemdheid as aktrise verwerf. Die rolprent, wat as een van die eerste Duitse klankrolprente in Duits en Engels vervaardig is, en die lied Ich bin von Kopf bis Fuß auf Liebe eingestellt (Engels: Falling In Love Again) was internasionale treffers.
Emigrasie na die VSA duimnael|regs|250px|Marlene Dietrich in 1933 In die lente van 1930 het Dietrich na New York geseil nadat die rolprentateljee Paramount Pictures beïndruk was met die sukses van Der blaue Engel. Sternberg en Dietrich se eerste film in die VSA was 'n Engelstalige heruitgawe van die Der blaue Engel, The Blue Angel. Die vrystelling daarvan het egter eers na hulle tweede film "Morocco" (1930) gevolg. In Morocco het Dietrich die kabaretsangeres Amy Jolly vertolk; 'n onafhanklike vrou wat soos 'n man aangetrek het en 'n vrou gesoen het. Die film was 'n groot sukses en sy is as beste aktrise vir 'n Oscar genomineer vir haar rol in die film – haar enigste nominasie vir die toekenning. In die jare daarna het nog vyf (van altesaam sewe) Dietrich-rolprente onder regie van Josef von Sternberg verskyn. Shanghai Express (1932) was kommersieel die suksesvolste Sternberg/Dietrich-produksie.
Von Sternberg was die eerste regisseur wat Marlene se potensiaal as 'n eersterangse aktrise en wêreldster besef het. In Hollywood het hy moeite gedoen om haar in sy rolprente as 'n femme fatale uit te beeld. Hy het haar aangemoedig om gewig te verloor en haar noukeurig opgelei, terwyl sy gewillig was om hom te vertrou en sy voorstelle steeds te volg. Von Sternberg se bekwaamheid as 'n regisseur word in sy gebruik van ontwerp en kostuums en veral lig en skadu weerspieël, waardeur hy in sy films 'n optimale effek bereik het. Een van sy spesialiteite was die impak van lig, wat deur 'n sluier of gordyne skyn soos in Shanghai Express. In 1935 het Marlene haar samewerking met Von Starnberg gestaak nadat hy beweer het hy haar sover gevat het as wat hy kon.
Die romantiese komedie Desire (1936) onder die regie van Ernst Lubitsch was 'n treffer wat haar status as die hoogsbetaalde aktrise in Hollywood bevestig het. The Garden of Allah (1936) was haar eerste kleurfilm. Die volgende paar films het egter nie by die loket sukses behaal nie en teen 1938 is sy saam met ander aktrises soos Joan Crawford, Bette Davis, Katharine Hepburn en Greta Garbo as "box office poison" beskou. Haar kontrak met Paramount is gekanselleer. Dietrich maak egter haar kritici stil met een van haar beste vertonings in Destry Rides Again (1939). In Destry Rides Again beweeg sy weg van 'n ontoeganklike godin na 'n bakleierige kroegvrou, wat gewaagde liedere met 'n rokerige stem sing. Van toe af is dit ook veral haar sang wat steeds meer gewild geraak het met liedjies soos Lili Marleen. Sy kry 'n nuwe kontrak met Universal, maar films soos The Flame of New Orleans (1941) en Pittsburgh (1942) vaar nie juis goed nie. Dit blyk dat regisseurs nie in staat is om haar unieke aantrekking vas te vang nie en teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het sy oorweeg om uit die filmbedryf af te tree.
Vanweë haar internasionale sukses het die Duitse Nazi-bewind baie belang gestel in haar terugkeer na Duitsland. Die minister van volksvoorligting en propaganda, Joseph Goebbels, het haar in 1936 groot bedrae en vrye keuse ten opsigte van draaiboeke en medewerkers belowe indien sy hoofrolle in Duitse rolprente sou speel. Marlene het die aanbod van die hand gewys. Sy het voortgegaan om hoofrolle in Amerikaanse rolprente te vertolk en met regisseurs soos Alfred Hitchcock, Ernst Lubitsch, Orson Welles en Billy Wilder saamgewerk. Films soos Foreign Affair, Witness for the Prosecution, Touch of Evil, Judgment at Nuremberg en Stage Fright was baie suksesvol. In 1937 het sy aansoek gedoen om Amerikaanse burgerskap, wat op 9 Junie 1939 aan haar toegeken is.
Besoeke aan Amerikaanse troepe duimnael|250px|Dietrich terwyl sy soldate van die Derde Leër vermaak in 1944 duimnael|regs|250px|België 1944: Marlene Dietrich onderteken 'n outogram vir 'n gewonde Amerikaanse soldaat Marlene het reeds tydens haar verblyf in Parys kunstenaars en ander mense wat uit Nazi-Duitsland gevlug het finansieel ondersteun. Nadat haar minnaar Jean Gabin by die Franse bevrydingsmagte in die VSA aangesluit het, het sy ook besluit om aktief aan die stryd teen die Hitlerfascisme deel te neem. Aangesien sy as 'n vrou nie in die Amerikaanse leër mog veg nie, het sy besoeke aan troepe naby die frontlinies afgelê en as sangeres opgetree. Sy het ook deelgeneem aan die Amerikaanse magte se opmars na Duitsland en is tydens die Ardenne-offensief byna deur Duitse troepe gevange geneem. Haar solidariteit met die Amerikaanse soldate was onbeperk en sy het in die militêre kampe van Afrika en Europa baie gewild geraak. Sy het later opgemerk dat sy nooit weer daardie intensiewe kontak met 'n gehoor gehad het nie.Marlene Dietrich – Her own song. Dokumentêre rolprent, 100 min., regisseur: David Riva
In die Duitse stad Stolberg naby Aken het 'n vrou Marlene herken en dit was vir haar 'n verrassing dat sy met groot vreugde begroet is. Ander vroue in Stolberg het die bestanddele vir 'n verwelkomingskoek ingesamel wat vir Marlene volgens oorlewering as die beste delikatesse beskou het.J. David Riva, Guy Stern (2006).A Woman at War: Marlene Dietrich Remembered. Wayne-staatsuniversiteitsuitgewers. , Sy het dan ook daarin geslaag om haar familielede op te spoor en kon oor die militêre radio met haar moeder gesels en enkele weke later in Berlyn ontmoet. Haar moeder, wat belowe het om Hitler te oorleef, is op 3 November 1945 oorlede.
Marlene se politieke en sosiale betrokkenheid by die stryd teen die Nazi-bewind is in die buiteland vroeër waardeer as in haar tuisland, waar baie mense hulle onbegrip ontbloot het. Sy is daarvan beskuldig dat sy met haar optrede eerder teen miljoene gewone Duitse soldate sou geveg het as teen Hitler en dikwels het mense na haar as 'n verraaier verwys.
In 1947 is Marlene met die Medal of Freedom, die hoogste militêre onderskeiding vir burgerlikes in die VSA, vereer. Die Franse regering het in 1950 die titel "Chevalier de la Legion d'Honneur" (Ridder van die Franse Erelegioen) aan haar verleen. Die Franse staatspresidente Georges Pompidou en François Mitterrand het haar later bevorder tot Officier en uiteindelik Commandeur van die Erelegioen.
Na-oorlogse loopbaan Vanaf 1953 het Marlene byna uitsluitlik as sangeres opgetree en internasionale sukses behaal. In die jare 1953 en 1954 het sy haar vertonings in Las Vegas se Sahara Hotel en Londen se Café de Paris opgevoer. Sedert 1955 het Burt Bacharach sowat tien jaar lank as haar begeleier opgetree en saam met hom het Marlene vinnig opgang gemaak van 'n nagklub-sangeres tot 'n meer ambisieuse kunstenares bevorder wat nou net in teaters gesing en haar gewilde styl van eenvrouvertoning ontwikkel het. Tot op die ouderdom van 74 jaar het sy wêreldwyd rondgetoer – in 1965 het sy ook in Suid-Afrika opgetree.www.laut.at – Biografie Besoek op 3 Junie 2007 Haar laaste konserte het in 1975 in België, Nederland, die Verenigde Koninkryk, Kanada, die VSA en Australië plaasgevind. duimnael|regs|250px|Die voorprent van Stage Fright (1950)