thumb|220px|Die vyf whaktoes van Islam: I. voor dagbreek (fadjer); II. middag (thoer), III. voor sonsondergang (asser); IV. ná sonsondergang (magrieb); V. laataand (isjaai).

Die magrieb (Arabies: صلاة المغرب, ṣalāt al-maġrib, "sonsonderganggebed"), wat net ná sonsondergang gebid word, is die vierde van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.Kaart vir al vyf gebedsbeurte by qul.org

Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word. Die magrieb het drie verpligte (fard) rak'ats en twee aanbevole (soennah) rak'ats. Die eerste twee rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam gebid (iemand wat die magrieb misloop en salaah alleen maak, is nie verplig om die eerste twee rak'ats hardop te bid nie), en die derde word stilweg gebid.

Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.Significance of Offering the Isha and Maghrib Prayers and their Benefits, QuranReading-webtuiste, 29 Januarie 2015. Besoek op 14 Mei 2017

Verwysings

Eksterne skakels Hoe om die magrieb te maak, op YouTube 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Islamitiese begrippe Kategorie:Salaah Kategorie:Arabiese woorde