thumb|220px|Die vyf whaktoes van Islam: I. voor dagbreek (fadjer); II. middag (thoer), III. voor sonsondergang (asser); IV. ná sonsondergang (magrieb); V. laataand (isjaai).

Die asser (Arabies: صلاة العصر, ṣalāt al-ʿaṣr, "namiddaggebed"), wat tussen thoer en sonsondergang plaasvind, is die derde van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.Kaart vir al vyf gebedsbeurte by qul.org

Asser kom in die Koran-hoofstuk "Die Koei" voor (Koran 2:238), waar dit die tussengebed genoem word, en dus beskou Moslems dit as ’n baie belangrike salaah. Die Arabiese naam van die hoofstuk "Die Tyd" is ook ''Al-‘Asr.

Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word. Die asser het vier verpligte (fard) rak'ats, maar geen aanbevole (soennah) rak'ats word soos gewoonlik voor of ná die tyd gedoen nie.

Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.Significance of Offering the Isha and Maghrib Prayers and their Benefits, QuranReading-webtuiste, 29 Januarie 2015. Besoek op 14 Mei 2017

Verwysings

Eksterne skakels Hoe om die asser te maak, op YouTube 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Islamitiese begrippe Kategorie:Salaah Kategorie:Arabiese woorde