Die Capitalist Party of South Africa (ZACP), (Kapitalistiese Party van Suid-Afrika) is ’n Suid-Afrikaanse politieke party wat op 17 Maart 2019 in Johannesburg se Randse Klub gestig is. Die stigters beskryf hulself as ‘positiewe ontwrigters’ en glo dat innoverende denke oplossings vir baie van Suid-Afrika se probleme bied. Die party is pro-kapitalisme.
Die party onderskyf tien kernbeginsels naamlik: vryheid gelykheid vryheid van spraak privaat eiendomsreg oppergesag van die reg reg op werk reg op veiligheid en sekuriteit vrye markte en internasionale vryhandel vuurwapens vir selfverdediging; en broederskap.
Die party het beplan om slegs die nasionale verkiesing op 8 Mei 2019 te betwis omdat die party glo dit is waar hulle ’n impak kon maak. Een ontleder meen dat die ZACP se beleid waarskynlik die naaste aan libertynisme is van die partye wat aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 sou deelneem.
Die tien stigters van die party is Kanthan Pillay, Roman Cabanac, Neo Kuaho, Gideon Joubert, Unathi Kwaza, Duncan McLeod, Sindile Vabaza, Louis Nel, Katlego Mabusela en Dumo Denga. Die politieke party het ’n pers koei as sy kenteken.
Verkiesingsresultate Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2019 15 914 0,09 0
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika