thumb|220px|Die vyf whaktoes van Islam: I. voor dagbreek (fadjer); II. middag (thoer), III. voor sonsondergang (asser); IV. ná sonsondergang (magrieb); V. laataand (isjaai).

Die fadjer (Arabies: صلاة الفجر, ṣalāt al-faǧr, "dagbreekgebed") of soeboeg, wat voor dagbreek plaasvind, is die eerste van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.Kaart vir al vyf gebedsbeurte by qul.org

Fadjer kom in die Koran-hoofstuk "Die Lig" (An-Nûr) voor (Koran 24). Volgens twee hadits is die fadjer "God se gunstelinggebed aangesien baie mense dan nog slaap". Die Arabiese naam van die Koran-hoofstuk "Die Dagbreek" is ook Al-Fajr.

Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word. Die fadjer het twee verpligte (fard) rak'ats, maar voor die tyd kan twee aanbevole (soennah) rak'ats ook gedoen word. Die verpligte rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam voorgebid.

Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.Significance of Offering the Isha and Maghrib Prayers and their Benefits, QuranReading-webtuiste, 29 Januarie 2015. Besoek op 14 Mei 2017

Verwysings

Eksterne skakels ’n Gids vir die fadjer 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Islamitiese begrippe Kategorie:Salaah Kategorie:Arabiese woorde