Sviatoslav Teofilovich Richter (20 Maart 1915, Zhytomyr, Oekraïne – 1 Augustus 1997 in Moskou) was 'n Sowjetse pianis van Russies-Duitse afkoms, wie algemeen beskou word as een van die grootste pianiste van die 20ste eeu.Wigler, Stephen (11 Februarie 1996). "Richter se genialiteit wek steeds heldeverering op. Aanhaling vryelik na Afrikaans vertaal. Tuned up: Twee nuwe versamelings is superieur tot laas jaar se 21-CD saluut aan die pianis van Philips Records". Aanhaling vryelik na Afrikaans vertaal. The Baltimore Sun. Besoek op 31 Oktober 2017.Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.50. .
Hy is bekend vir die diepte van sy interpretasies, sy virtuose tegniek, en sy ontsagwekkende repertoire.Mellor, David. "The genius of Sviatoslav Richter". Classic FM. Besoek op 31 Oktober 2017.
Loopbaan In 1986 het Richter 'n toer van ses maande deur Siberië onderneem met sy geliefde Yamahaklavier, en ongeveer 150 uitvoerings gegee. Partymaal het hy in klein dorpies opgetree wat nie eers 'n konsertsaal gehad het nie. Daar word gesê dat die lede van die gehoor, wat nog nooit klassieke musiek gehoor het nie, na een so 'n konsert in die middel van die saal bymekaargekom het en van kant tot kant begin swaai het ten einde die opvoerder te vier.Transsiberian Express, Le Monde de la musique, Mei 1989.Daar word ook gesê dat Richter in sy laaste jare oorweeg het om gratis konserte te gee (alhoewel hy eintlik nooit so gedoen het)Kevin Bazzana – Sviatoslav Richter (1915–1997); Bruno Monsaingeon: Introduction to Sviatoslav Richter – Notebooks and Conversations p. XX. 'n Staaltjie illustreer Richer se benadering tot opvoerings tydens die laaste dekade van sy lewe goed; na die lees van 'n biografie van Karel die Grote (Richter was 'n gretige, oftewel 'n ywerige leser), het hy aan sy sekretaris opdrag gegee om 'n telegram te stuur na die direkteur van die teater in Aken, (welke Richter se gunsteling residensiële stad was, en ook die plek is waar hy begrawe is) waarin hy gekonstateer het: "Die Maestro het 'n biografie van Karel die Grote gelees, en sal daarvan hou om in Aquisgrana (Aken) se speel", en die opvoering het ook toe inderdaad kort daarna in Aken plaasgevind.Piero Rattalino, Sviatoslav Richter – Il Visionario.
Richter het tot en met 1995 van die mees veeleisende stukke in die klavierrepertoire opgevoer, insluitende Maurice Ravel se Miroirs siklus, Sergei Prokofiëf se Tweede Sonata, en Chopin se études en Ballade No. 4."Sviatoslav Richter Recital, Museo Del Prado, Madrid". Sviatoslav Richter Chronology. trovar.com. 16 Februarie 1995. Opgespoor op 2007-09-08."Sviatoslav Richter Recital, Santuario de la Bien Aparecida, Santander, Spain". Sviatoslav Richter Chronology. trovar.com. 18 Januarie 1995. Opgespoor op 2007-09-08.Richter se laaste orkestrale opvoering waarvan daar 'n opname gemaak was, was 'n opvoering van drie van Mozart se konserte in 1994 saam met die Japannese Shinsei Simfonie Orkes, met sy ou vriend Rudolf Barshai as die dirigent.Richter se laaste opvoering was tydens 'n private aangeleentheid in Lübeck, Duitsland op 30 Maart 1995. Die program het bestaan uit twee van Haydn se sonatas en Max Reger se Variasies en Fuga op 'n tema van Beethoven, 'n stuk vir twee klaviere, wat Richer opgevoer het saam met die pianis Andreas Lucewicz.Sviatoslav Richter Chronology – 1995Richter het op 1 Augustus 1997 op die ouderdom van 82 gesterf aan 'n hartaanval in die Sentrale Kliniese Hospitaal in Moskou. Hy was in sy laaste dae depressief omdat hy nie kon speel nie, wat op sy beurt veroorsaak is deur veranderinge in sy gehoor wat sy persepsie van toonhoogte aangetas het.MonsaingeonHy was tydens sy dood besig met 'n repetisie van Franz Schubert se Fünf Klavierstücke, D. 459.Richter International Piano Competition
Repertorium
Richer het eenmaal gestel dat, "My repertoire bestaan uit ongeveer tagtig verskillende programme, welke nie kamermusiekstukke insluit nie."Monsaingeon, bl. 143Sy repertoire het gestrek vanaf Georg Friedrich Händel en Bach tot Szymanowski, Berg, Webern, Stravinski, Bartók, Hindemith, Britten, en laastens Gershwin.
Richter het onverpoosd daaraan gewerk om nuwe stukke aan te leer. Hy het byvoorbeeld in die laat 1980's Johannes Brahms se Paganini en Händel variasies; in die 1990's verskeie van Claude Debussy se études en stukke deur Gershwin; en werke deur Bach en Mozart; aangeleer, welke hy nie voorheen ingesluit het in sy programme nie. Die werke wat sentraal tot sy repertoire gestaan het was die werke van Schubert, Schumann, Beethoven, J. S. Bach, Chopin, Liszt, Prokofiëf en Debussy.Monsaingeon, bl. 383–406. Daar word gese dat hy die tweede boek van Bach se Das wohltemperierte Klavier geleer en gememoriseer het in een maand.Monsaingeon, Bl. 48Hy het die premiere gegee van Prokofiëf se Sonata No. 7, wat hy in slegs vier dae aangeleer het, asook No. 9, wat deur Prokofiëf aan Richter opgedra was. Behalwe vir sy sololoopbaan, het hy ook kamermusiek opgevoer met vennote soos Mstislav Rostropovich, Rudolf Barshai, David Oistrakh, Oleg Kagan, Yuri Bashmet, Natalia Gutman, Zoltán Kocsis, Elisabeth Leonskaja, Benjamin Britten, en lede van die Borodin Kwartet. Richter het ook dikwels sangers soos Dietrich Fischer-Dieskau, Peter Schreier, Galina Pisarenko en sy vrou en artistiese metgesel Nina Dorliak begelei.Monsaingeon bl. 413Richter het ook die premiere van Prokofiëf se Simfonie-Konsert vir tjello en orkes gedirigeer. Dit was sy enigste optrede as dirigent. Die solis was Rostropovich, een wie die werk opgedra is. Prokofiëf het ook sy 1949 Tjello Sonata in C vir Rostropovich geskryf, en hy en Richter het die eerste opvoering daarvan in 1950 gegee. Richter was self ook 'n begaanbare tjellis, en Rostropovich 'n goeie pianis, en tydens een konsert in Moskou waartydens hy Rostropovich begelei het op die klavier, het hul instrumente uitgereil vir dele van die program.{sitasie word benodig]
Benadering tot opvoerings
Richter het sy benadering tot opvoerings as volg verduidelik: "Die interpreteerder is eintlik regtig 'n eksekutant, wat die komponis se wense tot op die letter uitvoer. Hy voeg nie iets by wat nie reeds aanwesig is in die werk nie. Indien hy begaafd is, laat hy ons toe om 'n kykie te kry omtrent die waarhede [en geheime] van die werk- welke opsigself 'n geniale ding is, en wat gereflekteer word in hom. Die opvoerder moet nie die musiek domineer nie, maar moet ook nie daarin oplos nie."Monsaingeon bl 153Of, soortgelyk: "Ek is nie 'n totale idioot nie, maar ek het geen talent vir dinkwerk nie- òf te wyte aan swakheid, óf aan luiheid. Ek weet net hoe om te reflekteer: Ek is 'n spieël...Logika bestaan nie vir my nie. Ek dryf op die golwe van kuns en die lewe, en ek weet nie rêrig ooit hoe om te onderskei betreffende wat aand die een behoort en wat aan die ander behoort nie, en wat gemeenskaplik is aan beide nie. Die lewe ontvou vir my soos 'n teater wat 'n opeenvolging van ietwat onwerklike sentimente aanbied; terwyl die dinge van die kuns werklik is aan my en reguit na my hart gaan.Mervyn Horder (Mei 1994). "A Richter Rehearsal at the Barbican,". Contemporary Review. Opgespoor op 2007-09-08.
Richter se geloof dat musikante "die komponis se wense tot op die letter moet uitvoer", het daartoe gelei dat hy krities was van andere en, baie dikwels, homself.Monsaingeon, bl. 153Nadat hy 'n opvoering van Murray Perahia bygewoon het, waartydens Perahia Chopin se Derde Klaviersonata opgevoer het sonder om die eerste beweging se herhaling te speel of the observeer, het Richter hom daarna gevra om die weglating te verduidelik.Monsaingeon, bl. 313 ("When I asked him why he didn't do the repeat of the exposition in the B minor Sonata, he seemed surprised and exclaimed 'But no one does it'".).
Op soortgelyke wyse, nadat Richter besef het dat hy al vir dekades 'n verkeerde noot in Bach se Italiaanse Konsert speel, het hy daarop aangedring dat die volgende vrywaring/verskoning en/of apologie gedruk word op enige CD wat 'n opvoering daarvan bevat: 'Sviatoslav Richter het nou net besef dat, tot sy innigste spyt, hy altyd 'n fout gemaak het in die derde deel voor die einde van die tweede deel van die 'Italiaanse Konsert'. Eintlik, deur die loop van 40 jaar- en geen musikant of tegnici het dit al ooit aan hom uitgewys nie- het hy deur al die jare F# gespeel eerder as 'F'. Dieselfde fout kan gevind word in die vorige opname wat deur Maestro Richter in die vyftigs gemaak is'Richter se kommentaar op die binneblad van die Stradivarius CD 33323
Opnames Ten spyte van sy groot diskografie, het Richter nie van die opnameproses gehou nie,Falk Schwartz & John Berrie, Sviatoslav Richter – A Discography, Recorded Sound, Julie 1983 ("[Richter] het aanhoudend gesê dat hy nie van die onpamestudio hou nie").en die meeste van sy opnames is derhalwe lewendige opnames. Derhalwe word sy opvoerings vanaf Moskou (1948), Warskou (1954 en 1972), Sofia (1958), New York Stad (1960), Leipzig (1963), Aldeburgh (veelvuldige jare), la Grange de Meslay naby Tours (veelvuldige jare), Praag (veelvuldige jare), Salzburg (1977), en Amsterdam (1986), beskou as van die beste dokumentêre bewyse van sy speelwerk. So ook is ander lewendige opnames wat gedurende sy leeftyd gemaak is en sedert sy dood op plate etikette soos insluitende Music & Arts, BBC Legends, Philips, Russia Revelation, Parnassus, en Ankh Productions beskikbaar is van sy beste werk.
Ander krities bekroonde lewendige opnames deur Richter sluit opvoerings van Scriabin se geselekteerde études in, asook sy preludes en sonates (veelvuldige opvoerings), Schumann se C majeur Fantasie (veelvuldige opvoerings), Beethoven se 'Appassionata' Sonate (Moskou, 1960), Schubert se B-mol Sonate (veelvuldige opvoerings), Ravel se Miroirs (Praag, 1965), Liszt se B-mineur Sonate (veelvuldige kere, 1965–66), Beethoven se Hammerklavier Sonate (veelvuldige opvoerings, 1975) en geselekteerde preludes deur Rachmaninoff (veelvuldige opvoerings) en Debussy (veelvuldige opvoerings)."Review Digest for Performances by Sviatoslav Richter". ClassicsToday. Opgespoor 2007-09-08.
Ten spyte van sy haat vir die studio, het Richter die opnameproses baie ernstig opgeneem. Falk Schwartz & John Berrie, Sviatoslav Richter – A Discography, Recorded Sound, Julie 1983. Hy het byvoorbeeld, na 'n lang opnamesessie van Schubert se Wanderer Fantasie, waarvoor hy 'n Bösendorfer klavier gebruik het, na die kassette geluister, en ontevrede met die opvoering, aan die ingenieur gesê "Wel, ek dink ons sal dit in elk geval op die Steinway moet oordoen".Arnold, Sue (2001-03-11). "I've already found my programme of the year – all five hours of it". The Guardian. Londen. Opgespoor 2010-05-24.Hy het op soortgelyke wyse gedurende 'n opnamesessie van Schumann se Toccata, verkies om die stuk(wat Schumann homself beskou het as "van die mees ingewikkelde stukke ooit geskryf".)Robert Schumann se korrespondensie, omtrent 1832 sewe maal in 'n ry te speel, sonder om enige breek te neem, ten einde die spontaneïteit van sy interpretasie te behou. [sitasie word benodig]
Volgens Falk Schwartz en John Berrie se 1983 artikel "Sviatoslav Richter – A Discography",Opgeneemde klank, Julie 1983. het Richter in die 1970's sy bedoeling aangekondig om sy algehele solo repertoire "on some 50 discs" op te neem. Hierdie Richter projek het egter nie die lig gesien nie, maar twaalf langspeelplate se opnames was egter gedruk tussen 1970 en 1973, en was gevolglik heruitgereik (in CD formaat) deur Olympia (verskeie komponiste, 10 CDs) enRCA (Bach se Das Wohlemtepierte Klavier).